Jongmense draai stokkies vir Moeder Aarde
Miljoen skoliere wêreldwyd betoog vir bewustheid oor en optrede teen klimaatkwessies.
Augetto Graig en Ester Kamati - Meer as 1,5 miljoen skoolkinders wêreldwyd het op Vrydag 15 Maart in protes gedros in ‘n beroep om drastiese optrede oor klimaatverandering.
Duisende het opgeruk in die strate van 2 083 plekke in 125 lande.
In Namibië het 'n ma, haar seun en twee vriende met protesplakkate op die grasperk voor die Swakopmund-polisiekantoor gesit.
Weerpatrone is aan die verander en die voorspelde impak op Namibië maak die land van die kwesbaarste ter wêreld, volgens die ministerie van die omgewing en toerisme se 2011-beleidsdokument oor klimaatverandering. Daarin word die moontlike impak op Namibiërs as “katastrofies” beskryf.
Kinders oor die wêreld heen dring nou op drastiese optrede aan.
Tog is nie almal in Namibië van die veldtog en protesoptrede bewus nie, soos die Namibiese Studenteorganisasie (Nanso).
Ook nie die 17-jarige Vionne de Jongh van die Hoërskool Rocky Crest nie.
“Nee, ek het nie daarvan geweet nie,” het sy gesê. “Maar dit is 'n goeie ding dat hul stemme gehoor word omdat dit blyk die regering gee nie om vir die omgewing en klimaatprobleme nie. Hulle gee net om vir geld en die ekonomie, maar nie die omgewing nie. Politici gee nie aandag aan 'n veldtog of 'n maatskappy wat die rommel en besoedeling probeer bekamp nie. Die beweging sal hopelik meer mense se oë oopmaak.”
Vinoliah Mangaza (18) van die Sekondêre Skool Academia en Chantay Nadawella (17) van die Sekondêre Skool Etosha het ook nie van die protes geweet nie.
Desondanks sê Ndawella sy dink dit was 'n goeie manier om te wys hoe baie die jeug vir die omgewing omgee, en ook die regering se “baie praat, maar min aksie” uit te lig.
“Na my mening meer sulke aksies omdat druk verandering in die omgewing te weeg kan bring.”
Mangaza sê dit is goed dat jongmense 'n belang by klimaatkwessies het en opstaan vir dit wat hulle meen reg is. “Die feit dat 'n 16-jarige die beweging begin het, is oorweldigend en toon moed,” sê hy.
EEN KLEIN MAAR KRAGTIGE STEM
Greta Thunberg is ’n Sweedse meisie wat in Augustus 2018 voor haar land se parlementsgebou dié protesveldtog begin het.
Sy was toe 15 jaar oud, en het vir weke pamflette op die sypaadjies in Stockholm versprei om aandag te fokus op die wêreldwye krisis, en in aanloop tot Swede se nasionale verkiesing later daardie jaar.
Toe mense haar vra waarom, het sy geantwoord: “Ek doen dit omdat niemand anders iets doen nie. Dit is my morele verantwoordelikheid om te doen wat ek kan. Ek wil hê die politici moet die klimaatvraagstuk prioritiseer, fokus op die klimaat en dit soos 'n krisis behandel," het sy destyds vir The Guardian gesê.
Sedertdien het Thunberg elke Vrydag weggebly van skool. Pleks van klasse bywoon, het sy die tyd bestee aan protes en om mense bewus te maak van watter negatiewe impak klimaatverandering op die planeet het.
As gevolg van haar optrede het die bewegings #schoolstrike4climatechange, #FridaysforFuture en die #ExtinctionRebellion wêreldwyd versprei.
Op Saterdag 16 Maart 2019, net ná die wêreldwye protes, het mnr. Freddy André Øvstegård, 'n Noorweegse parlementslid, en twee kollegas van die Sosialistiese Linkse Party haar vir die Nobelprys vir Vrede genomineer.
Thunberg is nou 16, en sê die tyd om die wêreld te red, raak min.
Sy het in Januarie in Davos, Switzerland, by die Wêreld- Ekonomiese Forum gesê diegene teenwoordig moet die geweldige erns van die saak besef en optree. Sy het die Verenigde Nasies (VN) se interregeringspaneel oor klimaatverandering (IPCC) se bevinding aangehaal: Die wêreld het 12 jaar oor om die skade ongedaan te maak wat aan die omgewing aangerig is.
“Vir te lank het die politici en mense in magsposisies daarmee weggekom deur niks in die stryd teen die klimaatkrisis te doen nie. Ons sal aanhou met die skoolstaking totdat hulle iets doen,” het sy gesê.
“Ons is kwaad omdat die ouer generasies aanhou om ons toekoms te steel. Sommige mense sê ons veg vir ons toekoms. Ons veg nie vir ons toekoms nie, ons veg vir almal se toekoms, en ons sal nie stop totdat dit gedoen is nie.
“Ek wil hê julle moet optree asof die dak brand, want dit brand.”
WêRELDWYE OPROER
Die internasionale nuusagentskap AFP het op 16 Maart berig klaskamers in van Bangkok tot Berlyn en Lagos tot Londen was verlede Vrydag leeg, nadat organiseerders in meer as 100 lande ‘n beroep om die staking gedoen het.
Strate in Europa, Noord- en Suid-Amerika, asook Asië was stampvol marsjerende skoolkinders met plakkate. Daarop was verskeie slagspreuke soos: “Daar is nie ’n Planeet B nie”, “Julle vernietig ons toekoms,” en “As julle nie soos grootmense optree nie, sal ons.”
Volgens AFP was die grootste skare in Montreal, waar 150 000 opgeruk het. Oor die VSA heen is optogte in New York, Washington, Chicago, Portland en St. Paul, Minnesota, aangemeld. In Suid-Amerika was die kinders in Buenos Aires, Santiago en Medellín op straat. Van Delhi tot Sydney, Londen tot Kaapstad, was die jeug in aksie.
Ondanks drie dekades se waarskuwings het koolstofdioksieduitlatings in 2017 en weer in 2018 rekordvlakke gehaal, volgens AFP. Wetenskaplikes sê as dit teen dié tempo aanhou, sal die planeet uiteindelik onbewoonbaar raak.
Volgens Amnestie Internasionaal (AI) is klimaatverandering reeds die oorsaak vir langer droogtes in Afrika, asook verwoestende tropiese storms. In 2018 is het in die Noordelike Halfrond die Arktiese Sirkel, Griekeland, Japan, Pakistan en die VSA onder verwoestende hittegolwe en veldbrande deurgeloop waartydens honderde mense dood en beseer is.
Die jongste beloftes van regerings om klimaatverandering se impak te versag, en wat nog geïmplementeer moet word, is steeds onvoldoende. Teen 2100 sal dié voornemens steeds 'n katastrofiese styging van 3 grade °C in gemiddelde wêreldtemperature - vergeleke met vlakke voor die nywerheidsera - veroorsaak, sê AI.
Die VN se sekretaris-generaal António Guterres het vandeesweek lande na New York genooi vir die Aksieberaad vir Klimaat in September om daartydens konkrete, realistiese planne voor te lê.
IN DIE WOESTYN
Die vrou van Swakopmund wat vandag weer Namibiërs se aandag op die wêreldwye protesbeweging wil fokus, is me. Angela Prusa.
Saam met haar is die negejarige Bow Collins Prusa, wat sal wegbly van sy skool, die Montessori Akademie op die dorp.
Hy beskou die aarde as sy moeder en wil hê die mensdom moet ophou om haar vernietig, het sy ma gesê. Klein Bow wil ook van 'n toekoms verseker wees waarin hy deur 'n gesonde natuur omgewe is met ‘n ewe gesonde dierebevolking.
Hy wil sy medeskoliere inspireer om aksie te neem en saam met hul ouers op te staan om oplossings vir die “droewige toekoms” te vind. “Ons moet almal nou optree, voordat die tyd om is en ons almal ly,” het hy gesê.
Me. Prusa sê sy betoog om aandag op aardverwarming te fokus, veral omdat Namibië een van die mees geraakte lande sal wees. “Ons wil mense, en spesifiek kinders, inspireer om by ons aan te sluit, om op en saam te staan vir hul toekoms. Ons wil ook kennis oor die kwessie versprei, om gemeenskappe die geleentheid te gee om met kreatiewe oplossings na vore te kom, waardeur ons individue en gemeenskappe kan help met hierdie globale probleem,” sê sy. “Dus sal ons weer Vrydag (vandag) daar wees,” sê sy. Haar vorige protesoptrede het vanaf 11:00 tot 13:30 geduur.
Prusa sê hulle “klein protes” het geen reaksie van die owerhede gelok nie, hoewel verbygangers gestop het om te vra waaroor dit gaan.
Die gebrek aan reaksie van regerings wêreldwyd was ook vandeesweek die kernboodskap van die AI se hoof, mnr. Kumi Naidoo.
“Amnestie Internasionaal staan saam met alle kinders en jongmense wat vir optrede oor die klimaatkwessie skoolstakings organiseer en daaraan deelneem. Dit is 'n belangrike beweging vir sosiale geregtigheid wat duisende mense vreedsaam mobiliseer ten einde regerings aan te moedig om klimaatverandering teen te werk,” sê hy.
Naidoo sê wêreldleiers se versuim om die gevolge van klimaatverandering te takel, kan tot die grootste menseregteskending in die geskiedenis lei. “Dit is jammer dat kinders vir dae skoollesse moet opoffer om volwassenes te vra om die regte ding te doen. Hulle weet egter wat die gevolge van die huidige, skandelike optrede vir hulself en toekomstige geslagte is,” sê hy.
"Elke dag waarop ons toelaat dat klimaatsverandering vererger, raak dit moeiliker om die katastrofiese gevolge te stuit en ongedaan te maak nie.Daar is niks wat regerings terughou om alles moontlik te doen om kweekhuisgasse so gou as moontlik te verminder nie,” sê hy.
Volgens hom kan 2010-kweekhuisgasvlakke teen 2030 gehalveer word, en tot netto zero teen 2050 afgebring word, soos klimaatwetenskaplikes versoek, het Naidoo die week gesê.
“Hulle moet na jongmense luister en nóú stappe doen om klimaatverandering te stop. Die alternatief is ondenkbaar."

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie