Jongspan hou Britte tot 4-4
Rolskaatshokkie
Ná twee nederlae teen hoër gerekende lande het Namibië se junior manspan mooi reggeruk om Groot-Brittanje tot 'n gelykopuitslag te beperk by die FIRS Roller Games-kampioenskap vir rolskaatshokkie.
By die toernooi in Nanjing, China, is Namibië in groep D gegroepeer en het sy eerste wedstryd teen Frankryk met 8-1 verloor.
Die Franse is een van die algehele gunstelinge en het vanaf die eerste fluitjie beheer geneem om vinnig 'n voorsprong met 4-0 op te bou voordat Namibië hul voete kon vind. Net voor die rustyd is 'n netjiese doel deur Tiago Kutz geskep, nadat Liam Strydom 'n rol in die opbou gespeel het.
In die tweede helfte het Frankryk wéér beter begin, voordat die Namibiërs hulle later beter kon laat geld.
• Dinsdag het die Namibiërs twee wedstryde gespeel en het die eerste een teen Spanje met 6-2 verloor.
Hierdie keer het die Namibiërs teen 'n hoër tempo begin, met Wim van der Plas se eerste doel wat 'n aangee van Arno Diekman sekuur afgerond het vir die eerste doel van die wedstryd. Spanje het egter stelselmatig die druk verwerk en het rustyd met 2-1 voorgeloop.
Hoewel die Namibiërs in die tweede helfte ook hul hart uitgespeel het en met 'n doel deur Danilo von Ludwiger beloon is, het die Spanjaarde die knoop deurgehaak.
• Net ses ure later het Namibië sy laaste groepwedstryd teen Brittanje gespeel.
Twee vroeë doele deur Olof Diekmann en Nico Epler het hulle laat voorloop. Die Britte het hard teruggeveg, maar puik verdediging het meegebring dat hulle dikwels hul probeerslae 'n lang ent van die doelkas af moes loods.
Volgehoue druk het meegebring dat die Britte 'n eie doel afgestaan het om rustyd met 3-2 agter te wees. In die doelhok het Gerrit Pchalek verskeie kere briljant gekeer. Nog 'n doel deur Wim van der Plas het Namibië met 4-3 laat voorloop, maar die Britte wou nie besgee nie en het in die doodsnikke 'n gelykmakende doel gevind (4-4).
• Met hul vierde posisie in die groep is Namibië in die “B-afdeling” geplaas waar hy gister volgende teen Chinese Taipei sou begin speel het.
Afrigter Matthew Wojcik sê: “Die eindtellings wys nie rêrig hoe goed die Namibiërs sover gespeel het en hoeveel vordering ons teen die groot spanne gemaak het nie.”

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie