Jongste data: Covid-19
Jongste data: Covid-19

Jongste data: Covid-19

Dani Booysen
Vyf-en-veertig nuwe gevalle van Covid-19 is vanmiddag deur gesondheidsowerhede bevestig.
Van die nuwe positiewe toetsuitslae vir Donderdag was 12 skoliere, een ‘n onderwyser en twee gesondheidswerkers.
Die volgende distrikte het vyf of meer nuwe gevalle aangeteken: Aranos 7, Onandjokwe 7, Engela 6, Windhoek 5.
Dit is die eerste positiewe toetse op Aranos sedert een geval wat op 14 September hier aangeteken is.
Twee persone het op 22 September in Windhoek weens Covid-19 of verwante oorsake gesterf.
Namibië teken nou gemiddeld 74 nuwe gevalle per dag aan. Tydens die jongste sewedagsiklus was die totaal drie keer 100 gevalle of meer.
Sewe bykomende persone is landwyd gehospitaliseer. Die totaal staan nou op 85 en 16 persone ontvang intensiewe sorg.
Donderdag is 5 062 inentings gerapporteer. Hiervan was 3 036 eerste dosisse en 2 026 opvolgbesoeke.
Van nuwe inentings het 60% van persone Johnson & Johnson verkies. In Windhoek was die syfer 72%.
Die deel van die totale bevolking wat volledig geïmunniseer is, het van 6,7% tot 6,9% toegeneem.
Lees ons vorige ontleding van inentingsdata hier: https://www.republikein.com.na/nuus/jandj-nou-namibirs-se-eerste-keuse2021-09-25/

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!