Jongste oor Covid-19: Baie minder in hospitale
Jongste oor Covid-19: Baie minder in hospitale

Jongste oor Covid-19: Baie minder in hospitale

Dani Booysen
Hoewel twee keer meer nuwe gevalle van Covid-19 vandag deur gesondheidsowerhede bevestig is as gister, is die aantal persone in hospitale dramaties minder.
In sy daaglikse bulletin sê die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste die bekamping van ‘n verdere toename is in die publiek se hande.
Teen Donderdag was 73 gevalle gehospitaliseer en steeds net vier in intensiewesorg (ICU).
Die 1 041 gevalle wat aangekondig is, bring die rollende sewedaegemiddeld op 376 te staan.
Hierdie gemiddeld is meer as tydens die piek van die eerste golf, digby die kruin van die tweede en soortgelyk aan die situasie op 1 Junie vanjaar, vroeg in die pandemie se derde golf.
Op 1 Junie 2021 was daar 286 persone in die hospitaal en 53 in die ICU.
Huidige syfers is onderskeidelik 74% en meer as 90% minder.
Die data ondersteun voorlopige navorsing in Suid-Afrika wat bevind het die Omicron-variant veroorsaak dusver meestal matiger simptome en baie minder mense in die ICU benodig byvoorbeeld suurstof.
Navorsers het egter gekwalifiseer dat die situasie kan verander.
Die afgelope Donderdag het die Wêreldgesondheidsorganisasie (WHO) gesê byna 99% van alle Covid-gevalle wêreldwyd word steeds aan die Delta-variant toegeskryf.
Hoewel Namibië eers vroeg in Julie die teenwoordig van die Delta in die land bevestig het, was die eerste monsters wat vir die variant getoets is reeds in Mei geneem.
Soos elders is daar nie ‘n groot toename in sterftes nie.
Op 1 Junie vanjaar is 11 sterftes bevestig teenoor die twee van vandag.
Beide persone het Woensdag tuis in die Zambezi-streek gesterf en die twee vroue was onderskeidelik 89 en 103 jaar oud. Nie een van hulle was ingeënt nie.
Die huidige, gemiddelde sterftesyfer in Namibië, direk of indirek toegeskryf aan Covid-19, is 0,4 persone per dag (bereken volgens die datum van sterftes en nie die dag van aankondigings nie).
Op 1 Junie was die gemiddeld 11 sterftes per dag – bykans 30 keer meer.


BESONDERHEDE
Die persentasie toetse met positiewe uitslae het van 21,2% tot 27,2% toegeneem.
Van die nuwe gevalle is 608 in Windhoek bevestig.
Ander distrikte met tien of meer gevalle is: Walvisbaai 90, Swakopmund 76, Usakos 38, Otjiwarongo 36, Okahandja 32, Oshakati 17, Lüderitz en Outjo 16, Karasburg en Rehoboth 15, Opuwo, Onandjokwe en Rundu 10 elk.
Volgens owerhede word nog 43 gevalle as herstel beskou. Die algehele herstelkoers staan op 95,2% en daar is tans 2 793 aktiewe gevalle en 259 persone word in amptelike kwarantyngeriewe gehuisves.
Kwarantynsyfers toon ook nie ‘n dramatiese toename nie.
Nog 41 gesondheidswerkers het positief getoets. Die syfer bly ‘n spieëlbeeld van die toename in totale verspreiding.
Die afgelope sewe dae het 141 gesondheidswerkers positief getoets.
Die afgelope Dinsdag is 3 660 nuwe intentings teen Covid-19 gerapporteer – die meeste op een dag sedert 25 Oktober.
Donderdag, die dag voor die langnaweek, is minder as 1 000 nuwe inentings gerapporteer, maar sewe van die 14 streke het nie syfers ingestuur nie.
Dusver het nog net 591 persone aangemeld vir ‘n derde dosis van Sinopharm – skaars 4% van diegene wat ses maande gelede reeds volledig met die entstof ingeënt was.
Die regering het gesê mense kan vir ‘n ekstra spuit aanmeld, maar eers ses maande na die vorige. Sover bekend is ‘n amptelike omsendbrief nog nie uitgestuur wat die toediening van ekstra dosisse van ander entstowwe magtig nie.

Kommentaar

Republikein 2024-09-29

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Rugby Championship: Springboks 48 vs 7 Argentina | New Zealand 33 vs 13 Australia Premier League: Wolves 1 vs 2 Liverpool | Nottingham Forest 0 vs 1 Fulham | Everton 2 vs 1 Crystal Palace | Chelsea 4 vs 2 Brighton | Brentford 1 vs 1 West Ham | Arsenal 4 vs 2 Leicester City | Newcastle 1 vs 1 Manchester City LaLiga: Osasuna 4 vs 2 Barcelona | Real Sociedad 3 vs 0 Valencia | Rayo Vallecano 1 vs 1 Leganés | Getafe 2 vs 0 Deportivo Alaves | Real Valladolid 1 vs 2 Mallorca | Celta Vigo 0 vs 1 Atletico Madrid | Espanyol 1 vs 2 Villarreal | Las Palmas 1 vs 1 Real Betis SerieA: Bologna 1 vs 1 Atalanta | Genoa 0 vs 3 Juventus | Udinese 2 vs 3 Inter Milan | AC Milan 3 vs 0 Lecce European Championships Qualifying: Watford 2 vs 1 Sunderland | Portsmouth 0 vs 0 Sheffield United | Oxford United 0 vs 0 Burnley | Millwall FC 3 vs 1 Preston North End | Middlesbrough 2 vs 0 Stoke City | Leeds United 3 vs 0 Coventry City | Hull City 4 vs 1 Cardiff City | Sheffield Wednesday 3 vs 2 West Bromwich Albion | Derby County 2 vs 3 Norwich City | Blackburn Rovers 2 vs 0 Queens Park Rangers | Plymouth Argyle 3 vs 1 Luton Town English Championship: Watford 2 vs 1 Sunderland | Portsmouth 0 vs 0 Sheffield United | Oxford United 0 vs 0 Burnley | Millwall FC 3 vs 1 Preston North End | Middlesbrough 2 vs 0 Stoke City | Leeds United 3 vs 0 Coventry City | Hull City 4 vs 1 Cardiff City | Sheffield Wednesday 3 vs 2 West Bromwich Albion | Derby County 2 vs 3 Norwich City | Blackburn Rovers 2 vs 0 Queens Park Rangers | Plymouth Argyle 3 vs 1 Luton Town #N/A Currency: GBP to NAD 22.84 | EUR to NAD 19.09 | CNY to NAD 2.44 | USD to NAD 17.11 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.26 | EGP to NAD 0.35 | KES to NAD 0.13 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.64 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.14 | RUB to NAD 0.18 | INR to NAD 0.2 | USD to DZD 131.76 | USD to AOA 940.1 | USD to BWP 13.08 | USD to EGP 48.31 | USD to KES 128.48 | USD to NGN 1666.22 | USD to ZAR 17.09 | USD to ZMW 26.37 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1920.41 Up +0.02% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 14449.05 Up +0.55% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 31276.91 Up +0.08% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9653.37 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 658.55/OZ DOWN -0.0053 | Copper US$ 4.56/lb DOWN -0.0111 | Zinc US$ 3 089.80/T DOWN -0.37% | Brent Crude Oil US$ 72.65/BBP UP +1.49% | Platinum US$ 1 001.11/OZ DOWN -0.0062 #N/A