Jongste oor Covid-19: Die syfers bly klim
Jongste oor Covid-19: Die syfers bly klim

Jongste oor Covid-19: Die syfers bly klim

Dani Booysen
Met die bevestiging vandag van 446 nuwe gevalle van Covid-19 in Namibië het die sewedae-gemiddeld van nuwe gevalle tot 193 per dag gestyg.
Die syfers is vir Dinsdag.
Die sewedae-gemiddeld is sewe keer meer as die gemiddeld van 27 gevalle per dag aan die einde van die vorige sewedagsiklus.
Die huidige gemiddeld is egter steeds benede die kruin van die pandemie se heel eerste golf in die land in Augustus en September verlede jaar. Toe was die hoogste daaglikse gemiddeld 257.
Die meeste van Dinsdag se gevalle, 342, is in Windhoek aangeteken. Ander distrikte met groter aantalle gevalle is soos volg: Otjiwarongo 23, Okahandja 22, Walvisbaai 10 en Rehoboth 9.
Ons kaart wys die daaglikse gemiddeld in distrikte waar die syfer nou drie of meer gevalle per dag is. Die getal in hakies was die gemiddeld sewe dae voor dit.
Covid-19 is opnuut in 13 streke aanwesig nadat een nuwe geval op Engela in die Ohangwena-streek bevestig is. Net in Kavango-Wes is gedurende die laaste sewe dae nie ‘n enkele nuwe geval aangemeld nie. Hierdie streek het die hoogste inentingsyfer in die land.
Van vandag se nuwe gevalle was 16% volledig of gedeeltelik teen Covid-19 ingeënt. Mense wat hul inentingskursus voltooi het, maak egter net 4% van die totaal uit.
Onder die 446 gevalle tel 31 skoliere, 21 studente, 17 gesondheidswerkers en vier onderwysers.
Gesondheidsowerhede het vandag gesê nog 158 gevalle word as herstel beskou; 136 van hulle woon in Windhoek.
Weens die toename in nuwe gevalle staan die algemene herstelkoers tans op 96,2%.
Aktiewe getalle staan op 1 322.
Geen nuwe sterftes is aangekondig nie.
Hospitaliserings neem ook toe.
Gedurende die afgelope sewedagsiklus het mense in hospitale van 16 tot 51 toegeneem. Hiervan ontvang drie persone intensiewe sorg (een ‘n week tevore).
Hoewel nege van die gehospitaliseerdes al minstens een inenting teen Covid-19 ontvang het, is nie een van die persone in ICU ingeënt nie.
Persone wat in staatsgoedgekeurde kwarantyngeriewe gehuisves word het gedurende die sewedagsiklus van 160 tot 239 toegeneem, met die grootste groepe wat gehuisves word in die streeksgrense van Omaheke en //Kharas.
Die syfer sluit mense uit wat toestemming het vir tuiskwarantyn.
Die ministerie versoek mense wat wag op toetsuitslae om glad nie te reis totdat hulle hul uitslae ontvang nie.

Kommentaar

Republikein 2024-09-29

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Rugby Championship: Springboks 48 vs 7 Argentina | New Zealand 33 vs 13 Australia Premier League: Wolves 1 vs 2 Liverpool | Nottingham Forest 0 vs 1 Fulham | Everton 2 vs 1 Crystal Palace | Chelsea 4 vs 2 Brighton | Brentford 1 vs 1 West Ham | Arsenal 4 vs 2 Leicester City | Newcastle 1 vs 1 Manchester City LaLiga: Osasuna 4 vs 2 Barcelona | Real Sociedad 3 vs 0 Valencia | Rayo Vallecano 1 vs 1 Leganés | Getafe 2 vs 0 Deportivo Alaves | Real Valladolid 1 vs 2 Mallorca | Celta Vigo 0 vs 1 Atletico Madrid | Espanyol 1 vs 2 Villarreal | Las Palmas 1 vs 1 Real Betis SerieA: Bologna 1 vs 1 Atalanta | Genoa 0 vs 3 Juventus | Udinese 2 vs 3 Inter Milan | AC Milan 3 vs 0 Lecce European Championships Qualifying: Watford 2 vs 1 Sunderland | Portsmouth 0 vs 0 Sheffield United | Oxford United 0 vs 0 Burnley | Millwall FC 3 vs 1 Preston North End | Middlesbrough 2 vs 0 Stoke City | Leeds United 3 vs 0 Coventry City | Hull City 4 vs 1 Cardiff City | Sheffield Wednesday 3 vs 2 West Bromwich Albion | Derby County 2 vs 3 Norwich City | Blackburn Rovers 2 vs 0 Queens Park Rangers | Plymouth Argyle 3 vs 1 Luton Town English Championship: Watford 2 vs 1 Sunderland | Portsmouth 0 vs 0 Sheffield United | Oxford United 0 vs 0 Burnley | Millwall FC 3 vs 1 Preston North End | Middlesbrough 2 vs 0 Stoke City | Leeds United 3 vs 0 Coventry City | Hull City 4 vs 1 Cardiff City | Sheffield Wednesday 3 vs 2 West Bromwich Albion | Derby County 2 vs 3 Norwich City | Blackburn Rovers 2 vs 0 Queens Park Rangers | Plymouth Argyle 3 vs 1 Luton Town #N/A Currency: GBP to NAD 22.84 | EUR to NAD 19.09 | CNY to NAD 2.44 | USD to NAD 17.11 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.26 | EGP to NAD 0.35 | KES to NAD 0.13 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.64 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.14 | RUB to NAD 0.18 | INR to NAD 0.2 | USD to DZD 131.76 | USD to AOA 940.1 | USD to BWP 13.08 | USD to EGP 48.31 | USD to KES 128.48 | USD to NGN 1666.22 | USD to ZAR 17.09 | USD to ZMW 26.37 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1920.41 Up +0.02% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 14449.05 Up +0.55% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 31276.91 Up +0.08% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9653.37 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 658.55/OZ DOWN -0.0053 | Copper US$ 4.56/lb DOWN -0.0111 | Zinc US$ 3 089.80/T DOWN -0.37% | Brent Crude Oil US$ 72.65/BBP UP +1.49% | Platinum US$ 1 001.11/OZ DOWN -0.0062 #N/A