Jonk tot oud geniet rit deur die veld
Bergfietsry
Februarie is 'n maand vir fietsry, met een (eintlik twee) van die gewilde byeenkomste wat laas naweek afgehandel is.
Altesame 490 volwassenes en bykans 200 kinders, van die jongste tot die oudste en oor die ganse spektrum van fiksheid, was betrokke by die Nedbank MTB Challenge asook die vorige dag se Nedbank Kidz Challenge wat vanaf die Eagles restaurant in Avis gehou is.
Die lede van die Rock & Rut bergfietsklub het verseker dat die roetes vir die 15 kilometer, 30 km en 60 km (die Namibiese nasionale marathonkampioenskap wat deur Costa Seibeb en Michelle Vorster gewen is) aan die gebruiklike hoë standaarde voldoen het. Die weer het ook gunstig saamgespeel.
Die 30 km ope mansresies is deur Andrew Rowles gewen, met Peter van der Merwe en Etienne Doman as die res van die topdrie. Die 30 km vrouekampioen was Sophia Snyman, gevolg deur Gabriela Raith en Aletti Lowe.
Die 30 km vir junior mans was 'n kompeterende resies waarin Alex Miller voor Marcel Holtz en AJ du Plooy klaargemaak het. Ander wenners oor 30 km was Steffanie Grossmann (junior vroue), Dieter Koen (seuns o.16) en Justin Vosloo (seuns o.14).
Die medeborge Coca-Cola, Namibia Media Holdings, Indongo Toyota en Namibia Health Plan was ook weer aan boord om tot die sukses van die byeenkomste by te dra.
Volledige uitslae is op http://raceday.events (die webblad van die amptelike tydhouer Johan Pretorius) beskikbaar.
Foto's op dié blad is deur Olaf Mueller (Allgemeine Zeitung) en Andrew Poolman geneem.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie