• Tuisblad
  • Sake
  • Jooste kla Absa verkoop Steinhoff-aandele ‘te laat’
Jooste kla Absa verkoop Steinhoff-aandele u2018te laatu2019
Jooste kla Absa verkoop Steinhoff-aandele u2018te laatu2019

Jooste kla Absa verkoop Steinhoff-aandele ‘te laat’

Absa sê die aandele is op ’n ordelike en verantwoordelike wyse verkoop in ’n poging om nie die mark te oorstroom nie.
Nellie Brand-Jonker

Die omstrede voormalige uitvoerende hoof van Steinhoff, Markus Jooste, het “benadeel gevoel” omdat Absa in Desember verlede jaar “voete gesleep het” om die Steinhoff-aandele te verkoop wat die bank as sekuriteit gehou het vir ’n lening.

Dit blyk uit hofstukke in Absa se aansoek teen Jooste weens skuld van Mayfair Speculators waarvoor Jooste in 2007 borg ten bedrae van R100 miljoen geteken het. Dié saak het in November in die hooggeregshof in Kaapstad gedien. Uitspraak is onbepaald uitgestel nadat die partye ’n skikking bereik het, maar ’n kostebevel is wel teen Jooste gemaak.

Absa wys in sy skriftelike betooghoofde daarop dat as daar enige benadeling was, “dit self geskep is gegewe Jooste se rol in die ineenstorting van Steinhoff se aandeelprys”.

“Dus het die respondent geen rede om oor die val in die Steinhoff-aandeelprys te kla wanneer hy die oorsaak daarvan en van Mayfair Speculators se haglike finansiële posisie is nie.”

Toe Steinhoff se aandeelprys ’n jaar gelede ineenstort, het Mayfair Absa, Investec en Sanlam altesame sowat R1,2 miljard geskuld. Al drie instellings het Steinhoff-aandele as sekuriteit vir dié lenings gehou.

Absa se deel van die skuld het in daardie stadium R226 miljoen beloop. Absa het sy regte op die aandele uitgeoefen toe die skuldbedrag 70% van die waarde van die aandele oorskry het, maar die bank het nie dadelik of alles op een slag verkoop nie. Die verkope van die aandele het uiteindelik R118 miljoen van Mayfair se skuld aan Absa gedelg.

PENSIOENFONDSE BESKERM

Absa sê die aandele is op ’n ordelike en verantwoordelike wyse verkoop in ’n poging om nie die mark te oorstroom nie. Hy wou ook ander beleggers, soos pensioenfondse, beskerm wat skade sou ly as die aandele verkoop word op die wyse wat Jooste nou aanvoer dit moes plaasvind.

Jooste sê toe Steinhoff se aandeelprys 8 Desember 2017 op R22,32 was, was die skuld 70% van die waarde van die aandele.

“Ten spyte van die skerp val in Steinhoff se aandeelprys en ten spyte van die applikant se kennis dat sy sekuriteit nie meer die skuld van Mayfair Speculators dek nie . . . het die bank in gebreke gebly om dadelik die Steinhoff-aandele te verkoop.”

Absa het tot 13 Desember gewag voor die eerste deel van die aandele verkoop is toe die aandeelprys al op R10,45 gestaan het.

“Om sake te vererger, het die bank besluit om dit in dele oor die volgende agt dae te verkoop.”

Teen 21 Desember was die aandeelprys op R4,86 toe die laaste aandele verkoop is.

Jooste wou glo ook hê dat Absa sy aansoek op ys plaas totdat ’n reëlingskema tussen die krediteure van Mayfair Speculators en sy beherende maatskappy, Mayfair Holdings, afgehandel is.

REëLINGSKEMAS

Albei maatskappye het reëlingskemas met hul krediteure getref wat deur die hof goedgekeur is om hul skuld terug te betaal. Die sperdatum hiervoor is tot einde Maart uitgestel.

Absa het einde September betalings van albei maatskappye ontvang ingevolge die reëlingskemas wat die skuld van Mayfair Speculators (die hoofskuldenaar), en op sy beurt Jooste s’n tot R86,6 miljoen (plus rente) verminder het.

Absa beskryf in die hofstukke Jooste se poging om die aansoek teen te staan as dié van ’n “desperate man wat sy kaarte so na as moontlik aan sy bors wil hou”.

Werner Lüderitz, SC, het namens Absa in die skriftelike betooghoofde gesê die gronde wat Jooste aanvoer om die aansoek teen te staan, is net ’n poging om die uitspraak te vertraag. Absa voer ook aan Jooste het nie die reg om te versoek dat die aansoek op die ys geplaas word totdat die reëlingskemas afgehandel is nie. Die reëlingskemas is kragtens art. 155 van die Maatskappywet getref en dit beïnvloed nie iemand wat borg gestaan het se aanspreeklikheid nie.

JOOSTE PROBEER HOM DISTANSIEER

Dit blyk uit die hofstukke Absa meen Jooste probeer hom van Mayfair Speculators distansieer.

“Ten spyte van die respondent se pogings om hom van Mayfair Speculators te distansieer, is Mayfair Speculators is niks meer as die respondent se alter ego nie.”

Volgens Absa het Jooste onder meer nagelaat om te noem dat sy dogter met Stefan Potgieter getroud is en hy dus die besturende direkteur van Mayfair se skoonpa is.

Absa het ook ’n struktuur van die Mayfair-groep aangeheg wat getoon het die Silveroak Trust 100% van Mayfair Holdings hou wat 100% van die gewone aandele van Mayfair Speculators hou.

Die Silveroak Trust is in Mei 1989 geskep as die Markus Jooste Kindertrust en sy naam is in Februarie 2013 verander.

Dis ’n diskresionêre trust en hy is nie net ’n trustee nie, maar ook ’n kapitaal- en inkomste-begunstigde.

Die trustees van die trust is Jooste, Potgieter en Frikkie Nel. – Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-09-25

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Manchester City 2 vs 2 Arsenal | Brighton 2 vs 2 Nottingham Forest LaLiga: Real Madrid 3 vs 2 Deportivo Alaves | Valencia 0 vs 0 Osasuna | Sevilla 2 vs 1 Real Valladolid | Real Betis 1 vs 2 Mallorca | Rayo Vallecano 1 vs 1 Atletico Madrid | Villarreal 1 vs 5 Barcelona | Athletic Club 3 vs 1 Celta Vigo | Getafe 1 vs 1 Leganés SerieA: Atalanta 2 vs 3 Como | Inter Milan 1 vs 2 AC Milan | AS Roma 3 vs 0 Udinese | Monza 1 vs 2 Bologna | Fiorentina 2 vs 1 SS Lazio European Championships Qualifying: Preston North End 0 vs 0 Blackburn Rovers English Championship: Preston North End 0 vs 0 Blackburn Rovers #N/A Currency: GBP to NAD 22.87 | EUR to NAD 19.17 | CNY to NAD 2.44 | USD to NAD 17.16 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.26 | EGP to NAD 0.34 | KES to NAD 0.13 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.64 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.14 | RUB to NAD 0.18 | INR to NAD 0.21 | USD to DZD 131.64 | USD to AOA 933.05 | USD to BWP 13.12 | USD to EGP 48.49 | USD to KES 128.48 | USD to NGN 1596.98 | USD to ZAR 17.16 | USD to ZMW 26.3 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1845.32 Up +0.73% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 14193.3 Down -0.53% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 30871.1 Down -0.49% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9651.25 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 660.15/OZ UP +0.07% | Copper US$ 4.46/lb DOWN -0.009 | Zinc US$ 3 012.80/T DOWN -0.12% | Brent Crude Oil US$ 73.99/BBP DOWN -0.0163 | Platinum US$ 989.11/OZ UP +0.08% #N/A