Jooste sê oor Meatco-raad
Prokureur-generaal moet regsmening gee
Ronelle Rademeyer - Of die uitslag van Vrydag se spesiale Meatco-vergadering waartydens nuwe raadslede verkies is, aanvaar gaan word, is nog nie seker nie.
Mnr. Leon Jooste, minister van staatsondernemings, het by navraag gesê hy kan hom nie uitlaat oor die wettigheid van die vergadering nie aangesien nog op ’n regsmening gewag word.
“Ons (die ministerie) wag vir die prokureur-generaal (mnr. Sackey Shanghala) se regsmening en ek sal verkies om eers daarná standpunt in te neem,” het hy gesê.
Oor die aanwysing van die nuwe raad het hy egter die versekering gegee dat sy ministerie “in ieder geval baie seker sal maak dat die prosedures, soos uitgespel in die wetgewing, uiters noukeurig gevolg word en regverdig en deursigtig geskied”.
Produsente het Vrydag ondanks ’n kennisgewing deur die voorsitter van Meatco, me. Martha Namundjebo-Tilahun, dat die spesiale vergadering uitgestel word, daarmee voortgegaan en gestem vir die lede wat hulle as genomineerdes vir die nuwe raad aan die minister wil voorlê.
Die kennisgewing vir die uitstel van die vergadering is juis uitgereik vanweë onsekerheid oor watter minister dié nominasies moet ontvang en die nuwe raad moet aanwys.
Dit volg nadat die kabinet in Julie die nuwe hibriede regeringsmodel vir staatsondernemings aanvaar het, wat beteken dat die ministerie van staatsondernemings voortaan volle aandeelhouerregte oor dié ondernemings sal uitoefen.
Gevolglik het mnr. John Mutorwa, die minister van landbou, water en bosbou, op 10 Augustus ’n brief aan Jooste gestuur en ’n vergadering belê vir die daaropvolgende dag om hom “in die teenwoordigheid van die voorsitter oor sekere belangrike wetlike en beleidskwessies” rakende Meatco in te lig.
By dié vergadering het Namundjebo-Tilahun ’n skriftelike versoek aan Mutorwa gerig waarin sy toestemming gevra om die spesiale ledevergadering wat vir 12 Augustus belê is, uit te stel.
Daarin voer sy aan onsekerheid heers nadat ’n regsmening verkry is oor die nominering van direkteure vir die Meatco-raad kragtens art. 5 (1) van die Meatco-wet.
Volgens Mutorwa is besluit om haar tyd te gee om ’n tweede regsmening in te win en vandaar die uitstel.
“Die huidige raad se termyn ver-stryk eers op 3 Oktober. Daar is dus nog tyd,” het Mutorwa aan Republikein gesê.
In ’n brief wat hy op 4 Julie aan Namundjebo-Tilahun gestuur het, word 31 Augustus as die sperdatum gestel waarop sy die name en CV’s van die genomineerdes aan hom moet voorlê.
Volgens Jooste is die kantoor van die prokureur-generaal tans besig met ’n finale voorstel vir wysigings aan die wetgewing wat die staatsondernemings ingevolge die nuwe regeringsmodel onder sy ministerie se beheer sal plaas. “As alles volgens plan verloop, sal ons gereed wees om dit ter tafel te lê sodra die parlement (in September) hervat,” sê hy.
“Dit is vir ons (die ministerie) onsettend belangrik om die implementering van die nuwe bestuursmodel behoorlik te bestuur sodat dit deeglik en vlot verloop. Die handelsondernemings sal eers formeel onder ons gesag wees nadat die wetgewing en/of aktes van oprigting gewysig is.
“Intussen sal ons baie nóú met ons lynministeries saamwerk indien belangrike besluite geneem moet word.”
Hy sê of die Meatco-direksielede deur hom of deur Mutorwa aangestel gaan word, “sal alles van die tydsberekening afhang”.
Jooste het egter die versekering gegee dat sy ministerie seker sal maak dat dit regverdig en deursigtig geskied.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie