Joostes uit op borgtog
Joostes uit op borgtog

Joostes uit op borgtog

‘Betaal skuld aan krediteure’
Francoise Steynberg
Francoise Steynberg - Die bekende kliniese sielkundige dr. Ockie Jooste (54) en sy vrou, Mylene (50), is Donderdag op borgtog van N$35 000 elk vrygelaat.

Die Joostes verskyn in die Windhoekse landdroshof op klagte van diefstal met valse voorwendsels en bedrog van N$1,8 miljoen. Op die vyf klagte van diefstal met valse voorwendsels het hulle borgtog van N$30 000 elk gekry en op die bedrogklag N$5 000 borgtog.

Volgens die Joostes se regsverteenwoordiger, mnr. Kennedy Haraseb, was dr. Jooste “vir sy eie veiligheid by die polisiekantoor by die Internasionale Lughawe Hosea Kutako aangehou”.

Voorwaardes

Dié egpaar is op 27 Mei in hegtenis geneem nadat klagte aanhangig gemaak is deur mense wat bloutjies met dié egpaar geloop het toe hulle eiendom by hulle wou huur.

Hul borgtogvoorwaardes sluit in om twee keer ’n week by die polisie aan te meld, hul paspoorte in te handig en nie vir nuwe paspoorte aansoek te doen nie. Hulle mag ook nie die Windhoek-distrik sonder die toestemming van die polisie verlaat nie. Landdros Venatius Alweendo het ook gewaar­sku dat hulle nie met enige getuies of klaers direk of indirek mag inmeng nie “soos wat hulle gedoen het toe hulle agter tralies was” nie. Die egpaar het glo probeer om klaers te oortuig om klagte terug te trek.

Landdros Venatius Alweendo meen die Joostes is nie ’n vlugrisiko nie omdat hulle familie en eiendom in die land het.

“Die egpaar het in die hof gesê hulle het nie die klaers se geld in hul eie sakke gedruk nie, maar skuld daarmee betaal. Jooste ontken nie dat hulle geld van mense gevat nie, en het dit glo gebruik om ander krediteure te betaal,” berigJana-Mari Smith vanNamibian Sun.

Mylene het reeds tronkstraf uit­gedien nadat sy op ’n klag van bedrog skuldig bevind en tot sewe jaar gevangenis­straf gevonnis is. Sy is ná drie jaar in die gevangenis weens goeie gedrag vrygelaat.

In Desember 2010 was sy weer agter tralies, maar is later weer op borgtog vrygelaat.

In 2013 is sy van dwarsboming van die gereg aangekla wat spruit uit ’n vervalste mediese brief wat Mylene glo van dr. Anelle Zietsman van die Dr. A. Bernard May Kankersorgsentrum verkry het. In die brief is aan­gevoer dat ene M. Swanepoel medies ongeskik is om verhoor te word. Ander vanne wat Mylene gehad het, is onder meer Swanepoel en Van Rensburg.

Die landdros het die Joostes se saak tot 5 Desember vir verdere ondersoek uitgestel.

Mnr. Ivann Tjizu verskyn vir die staat.

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!