Jou lewe, jou waardevolle Kersgeskenk
Augetto Graig
Jy kan verskillende benaderings tot die lewe volg. Mense sê die lewe is vol sorge, swaarkry, hartseer en teleurstelling. Hulle is reg. Ander sê die lewe is vol vreugde, wonderwerke, verrassings en avontuur. Hulle is ook reg.
Hoe sien jy die lewe? Hoekom sien jy dit so? Hierdie vraag is uiters belangrik, en moet van tyd tot tyd opnuut gevra word. Die rede hoekom mens jouself keer op keer moet kruisondervra is omdat die keuse joune bly, maak nie saak wat gebeur nie.
Jy kan kies. Dis steeds jou keuse.
Die lokval is dat mens so maklik daardie keuse prysgee. Mense gee oor tot die stand van sake, tot struikelblokke, mislukkings en verkeerde besluite. Ons glo so maklik ons omstandighede bepaal ons benadering tot die lewe. Is dit werklik so? Nee. Die keuse bly joune en jy kan ook ’n keuse maak wat nie vir almal sin maak nie.
Maak dit sin dat die voël in die hok steeds sing, dat die plant uit die sement blom? Maak dit sin dat die dood so onwillekeurig elke Desember op Namibië se paaie moet kom oes? Nee. Maar dit is so. Die lewe is gedurig net sinneloos. Hoekom moet jou reaksie tot die lewe dan sin maak? Natuurlik moet dit vir jou sin maak, anders kan jy dit nooit volhou nie, maar sover dit enige iemand anders betref, is hul mening onbelangrik.
Jou keuse is belangrik; dit vorm jou lewe. Of jy die wonderwerk raak sien, of jy jou blindstaar teen die onreg en nie karma sien aankom nie. Dit hang af vanwaar jy kyk. Wat jy sien hang af waarna jy op soek is. Soek dan eerder die skoonheid wat daar tussen die rommel lê en wag om raakgesien te word. Soek liewer die vreugde wat gedeel kan word, die glimlag van vriendskap, en lekker lag tot die trane loop. Dis als daar, maar ons kyk dit dikwels mis.
Dis hoekom ek sê die lewe is ’n lied en ons moet sing. Die lewe is ’n sirkus en ons is die narre. Die lewe is ’n speletjie en ons moet speel. Die lewe wil geleef wees.
In hierdie tyd van vrees en pandemie – nou terwyl die wêreld aan die brand slaan en die aarde verraai word – is daar steeds lewe. Daar is nog liefde, en saam met hoop en geloof, bly die geleentheid steeds moontlik om jou lewe te geniet, te waardeer, te vier en te deel.
Ek glo die lewe is ’n geskenk, gegee met liefde en noukeurige nadenke, spesifiek geskep net vir jou. Wat jy met daardie geskenk maak, is jou eie keuse. Sal jy kwaad raak omdat jy nie kan bepaal presies hoe dit werk nie? Sal jy moet opgee omdat jy nie weet wat om daarmee te doen nie? Ek dink dis better om daarmee te speel. Só leer ons ook. Só raak ons beter en ons verstaan beter. Ons besef wat werklik saakmaak. Ek wens julle almal hierdie Kersgeskenk toe. Neem jou lewe en maak dit jou eie. Geseënde Kersfees en voorspoedige Nuwejaar.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie