Jou lorriedrywer
MOGAMAT SALIE SABAN SKRYF:
Geduldig . . .
Gedienstig . . .
Gedwee . . .
Die langpad bring heimwee.
Terwyl ons die teer oprol.
Professionele vragverskuiwingsdeskundiges.
Grondpad. Stofpad. Teerpad.
Lang gras en kremetartbome.
Deurkruis ons vier seisoene op 'n dag.
Vanaf die noorde na die suide.
Ooste na die weste.
Rol ons die warm teer op.
Vanaf sononder tot sonop.
Waar ons vanaand aftrek, onder die kameeldoring.
Om 'n heilsame potjie te kook.
Brousel te stook, melk en soet soos stroop.
Magie vol . . . Ogies toe . . .
Ek kyk op na die sterrehemel.
'n Danksêgebed na Bo.
Dankie Vader vir reiswense.
Hou U oor my wag.
Beskerm my lorrie en my vrag.
Slaap is min.
Kortgeknip vir 3 ure.
Maak die lang pad . . .
'n kort pad.
Tuis wag almal vir kos oppie tafel.
Brandstof by die pompe.
Voort, ja 22 wiele rol.
Moeg en kramp, die oë brand.
Musiek oppie FM'pie hou my wakker.
Dankie Hartklop virrie famile en vriende.
Kollegas en kennisse.
Ek dink aan jou lorrie.
Met 36 ton vrag.
Almal, ja almal wag . . .
Deurnag met reent.
Sonsteek en vriendelike gesigte.
Stop, ja stop.
440 perdekrag...
Hokaai nou, briekke aan.
Ommie draai is die aflaaipunt.
Geduldig . . .
Gedienstig . . .
Gedwee . . .
Die langpad bring heimwee.
Terwyl ons die teer oprol.
Professionele vragverskuiwingsdeskundiges.
Grondpad. Stofpad. Teerpad.
Lang gras en kremetartbome.
Deurkruis ons vier seisoene op 'n dag.
Vanaf die noorde na die suide.
Ooste na die weste.
Rol ons die warm teer op.
Vanaf sononder tot sonop.
Waar ons vanaand aftrek, onder die kameeldoring.
Om 'n heilsame potjie te kook.
Brousel te stook, melk en soet soos stroop.
Magie vol . . . Ogies toe . . .
Ek kyk op na die sterrehemel.
'n Danksêgebed na Bo.
Dankie Vader vir reiswense.
Hou U oor my wag.
Beskerm my lorrie en my vrag.
Slaap is min.
Kortgeknip vir 3 ure.
Maak die lang pad . . .
'n kort pad.
Tuis wag almal vir kos oppie tafel.
Brandstof by die pompe.
Voort, ja 22 wiele rol.
Moeg en kramp, die oë brand.
Musiek oppie FM'pie hou my wakker.
Dankie Hartklop virrie famile en vriende.
Kollegas en kennisse.
Ek dink aan jou lorrie.
Met 36 ton vrag.
Almal, ja almal wag . . .
Deurnag met reent.
Sonsteek en vriendelike gesigte.
Stop, ja stop.
440 perdekrag...
Hokaai nou, briekke aan.
Ommie draai is die aflaaipunt.
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie