Jou renoster is in die pos
Jou renoster is in die pos

Jou renoster is in die pos

Estelle de Bruyn
’n Driejarige renoster wat 900 kg weeg is suksesvol deur ’n koerierdiens op ’n vlug van 17 uur van Tsjeggië na Tanzanië vervoer.
Die swartrenoster Eliska is in 2012 in die Dvur Kralove-dieretuin in Tsjeggië gebore en is nou terug in haar natuurlike tuiste in Tanzanië.
Haar terugkeer was deel van die George Adamson Wildlife Preservation Trust se projek om bedreigde diere se bevolking in hul natuurlike habitat te help aanwas, luidens ’n verklaring deur die koerierdiens.
Eliska is op die Boeing 757-200-vragvliegtuig, wat vir die vervoer van diere aangepas is, vervoer in ’n krat wat vir haar gebou is. Die vlug was meer as 6 500 km tot by die Kilimandjaro-lughawe. Van daar is sy per vragmotor na haar nuwe tuiste vervoer.
Volgens die koerierdiens was Eliska baie kalm gedurende die vlug. Sy is van dr. Pete Morkel, ’n swartrenoster-veearts, vergesel om haar veiligheid te verseker. Vyf houers met kos en water is vir die reis ingepak.
“Ons is baie opgewonde om die geleentheid te kon gehad het om hierdie pragtige diere na Afrika terug te bring en om deel te neem aan die poging om die bedreigde swartrenosterbevolking weer aan die gang te kry,” sê Ken Allen, uitvoerende hoof van die koerierdiens.
Tony Fitzjohn van die George Adamson Wildlife Preservation Trust het gesê hy is dankbaar dat die reis sonder probleme verloop het. Dit is nie die eerste keer dat DHL help met die vervoer van diere nie. In 2012 het die maat­skappy drie swartrenosters van Brittanje na Tanzanië vervoer, asook twee skaars tiere van Soematra uit Australië en die Verenigde State na die Londense dieretuin geneem. Twee groot pandas is ook in 2013 van China na België vervoer. -Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!