Jou skip het gekom
Francois Williams
Meer as 20 luukse passasierskepe van 17 internasionale skeepsrederye gaan Suid-Afrikaanse hawens in die huidige plesiervaartseisoen besoek, verwag die Transnet Nasionale Hawe-owerheid (TNPA).
Durban en Kaapstad sal die meeste van die passasierskepe ontvang. Shulami Qalinge, hoof van TNPA, sê in ’n verklaring dié twee hawens is geposisioneer as die hoofhawens in TNPA se stal om meer plesiervaarte na die Suid-Afrikaanse kus te lok.
Die hawens van Richardsbaai, Mosselbaai, Port Elizabeth en Oos-Londen kry ook steeds besoeke van passasierskepe.
TNPA is amper klaar met onderhandelings met KwaZulu Cruise Terminal (KCT) vir die ontwerp, finansiering, bou en bedryf van nuwe plesierskip-geriewe in die Durbanse hawe, sê Qalinge. Dit sal ’n kontrak van 25 jaar wees, waarna KCT die geriewe aan Transnet sal oorhandig.
In Kaapstad is die V&A Waterfrontmaatskappy reeds aan die gang met sy kontrak om plesierskip-geriewe in die suidwestelike hoek van Duncan-dok vir TNPA te bedryf. Sy kontrak het in 2015 begin en duur vir 20 jaar.
Qalinge sê die nuwe geriewe sal help om meer internasionale operateurs te lok, en dit het ekonomiese byvoordele vir toeroperateurs, hotelle, toeristeaantreklikhede in die hawestede, asook wildreservate en oorde.
Die rederye wat vanjaar Suid-Afrikaanse hawens op hul besoeklys het sluit in Costa Crociere, Crystal Cruises, Cunard Lines, Fred. Olsen Cruise Lines, Hapag-Lloyd, Holland America Line, MSC Cruises, Noble Caledonia, Oceania Cruises, Phoenix Reisen, Polar Quest, Ponant, Regent Seven Seas cruises, Seabourn Cruise Line, Silversea Cruises en Transocean Tours.
Die eerste besoek in die 2017-’18-seisoen was die MSC Sinfonia wat op 30 Oktober in Durban aangekom het met sowat 2 300 meestal Europese toeriste wat ’n 23-dag-plesiervaart van Venesië in Italië daar afgesluit het.
Die plesiervaartseisoen strek gewoonlik van Oktober en vroeg November tot einde April of vroeg in Mei. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie