Jou volledige gids tot Brexit
Brittanje het nog 99 dae as lid van die Europese Unie (EU) voor hy dit moet verlaat.
Petrus Malherbe – Kragtens art. 50 van die verdrag van Lissabon wat EU-lidlande in Desember 2007 onderteken het, moet Brittanje die Europese Unie (EU) oor 99 dae verlaat.
Art. 50 gee aan ’n lidland die reg om die EU eensydig te verlaat en stippel ook uit watter prosesse in dié geval gevolg moet word.
Theresa May, die Britse premier, het kort voor 12:30 op 29 Maart 2017 die dokument onderteken wat art. 50 aktiveer. Kragtens art. 50 het ’n lidland presies twee jaar daarna om ’n onderhandelde ooreenkoms vir sy onttrekking te bereik.
Met net meer as drie maande oor voor D-dag vir Brittanje en die EU, loop ons op die spoor van hoe dié eilandnasie in hierdie politieke gemors beland het, en wat die toekoms moontlik inhou noudat die ingewikkelde onderhandelinge oënskynlik ’n dooiepunt bereik het.
1. Waarvoor staan Brexit en waarom wil Brittanje die EU verlaat?
Peter Wilding, stigter en direkteur van die dinkskrum British Influence, word algemeen beskou as die persoon wat met die woord Brexit vorendag gekom het.
Wilding het dit in 2012 vir die eerste keer in ’n twiet gebruik, agt maande voordat die voormalige premier, David Cameron, gesê het Brittanje gaan ’n referendum hou oor hul voortgesette EU-lidmaatskap.
Brexit is ’n samevoeging van Brittain (of British) en exit.
Brittanje het die wêreld op 23 Junie 2016 verstom toe sy burgers in ’n referendum gestem het om die EU te verlaat.
Dit was ’n naelskraapse oorwinning vir die “Leave”-kamp, wat met ’n skamele 4 persentasiepunte gewen het. Meer as 30 miljoen mense – sowat 72% van die kiesers – het gestem.
Cameron was openlik daarteen gekant dat Brittanje die EU verlaat. Toe die Brexit-stem wen, het hy bedank eerder as om Brexit self toe te pas.
May het hom as premier opgevolg.
2. Wat behels die Brexit-onderhandelinge?
Brittanje is reeds vir 45 jaar deel van die Europese gemeenskap en ’n magdom ingewikkelde verdrae en ooreenkomste oor ’n groot verskeidenheid onderwerpe – van handelsooreenkomste tot invoerkwotas en immigrasie – moet ontrafel en heronderhandel word.
Die EU het ekonomiese bande tussen lidlande geskep wat die vrye beweging van goedere en mense toelaat.
As Brittanje die EU verlaat, word hierdie bande gesny.
’n “Harde” Brexit is ’n ooreenkoms waar Brittanje alle bande met die EU sny en volkome onafhanklik word in elke sin van die woord.
Nie net word gedebatteer oor kwessies soos visvangregte en die uitvoer van sagtevrugte nie; May se Konserwatiewe Party stry ook oor ’n sogenaamde “harde” of “sagte” Brexit.
’n “Harde” Brexit is ’n ooreenkoms waar Brittanje alle bande met die EU sny en volkome onafhanklik word in elke sin van die woord. Daarteenoor laat ’n “sagte” Brexit beweegruimte om sommige bestaande ooreenkomste met die EU te behou. Voorstanders van ’n “sagte” Brexit voer aan dat ’n volskaalse skeiding met die EU rampspoedig vir die Britse ekonomie en politiese stabiliteit sal wees.
May het in November ’n voorgestelde ooreenkoms vir Brexit aan haar kabinet voorgelê. Dié voorstel is, om die minste te sê, kil ontvang.
3. Wat was May se voorgestelde ooreenkoms?
Ná maande van onderhandelinge het Brittanje en die EU vroeg in November tot ’n ooreenkoms gekom.
Dit bestaan uit twee dele: ’n Bindende ooreenkoms van 585 bladsye, die sogenaamde skeidingsdokument wat kwessies soos Brittanje se skuld aan die EU en die regte van Britse burgers ná Brexit uitstippel; en ’n verklaring van 26 bladsye oor die langtermynbetrekkinge tussen Brittanje en die EU.
May se kabinet het dié voorstelooreenkoms op 14 November goedgekeur, maar nie sonder drama nie. Onder andere Dominic Raab, die minister vir Brexit, het in protes daarteen bedank.
’n Volskaalse oorlog het kort voor lank in die Britse parlement gewoed met bitter min LP’s wat May se ooreenkoms ondersteun. Sy is in ’n mosie van wantroue byna deur haar eie party uit die kussings gelig en word deur soortgelyke mosies deur ander partye in die gesig gestaar.
May het ’n stemming oor die ooreenkoms tot Januarie 2019 uitgestel en teruggekeer na Europa om die onderhandelinge voort te sit.
Die Britse parlement moet teen 21 Januarie oor die ooreenkoms stem.
4. Wat gebeur as geen ooreenkoms bereik word nie?
Indien Britse parlementslede nie in Januarie May se ooreenkoms (wat die EU sê is finaal en ononderhandelbaar) aanvaar nie, stoom die land af op ’n planlose Brexit.
Die voorgestelde ooreenkoms maak voorsiening vir ’n oorgangsperiode van 21 maande vir verdere onderhandelinge tussen Brittanje en die EU.
Sonder ’n ooreenkoms sal Brittanje se bande met die EU oornag gesny word en ondernemings, staatsinstellings en burgers sal van 30 Maart af self moet sien kom klaar.
Handel sal moet geskied volgens die reëls van die Wêreldhandelsorganisasie, wat beteken sowel Brittanje as die EU kan in- en uitvoertariewe hef, wat pryse vir verbruikers gaan opstoot.
Sonder ’n ooreenkoms kan enige Brit wat elders in die EU woon in warm water beland ingevolge immigrasiewetgewing wat ná Brexit onduidelik sal wees.
Dit gaan ook die netelige kwessie van die grens tussen Ierland en Noord-Ierland onopgelos laat.
5. Waarom word daar so gestry oor Noord-Ierland se grens?
Terwyl Ierland ’n lidland van die EU bly, verlaat Noord-Ierland dit as deel van Brittanje.
Sowel Brittanje as die EU wil nie hê ’n volwaardige grenspos moet tussen Ierland en Noord-Ierland heropen word nie, veral gegewe dié eiland se onstuimige verlede.

Daarom is daar op die sogenaamde Ierse “backstop” besluit as voorsorgmaatreël as ’n Brexit-ooreenkoms nie bereik word nie.
Hiervolgens sal daar nooit ’n “harde grens” tussen Ierland en Noord-Ierland opgerig word wat die verhouding tussen die lande kan versuur nie.
Maar dit is ’n ope vraag wat met in- en uitvoer gaan gebeur sodra Brittanje die EU verlaat.
Die partye het uiteindelik op ’n middeweg ooreengekom waarvolgens goedere wat oor die grens beweeg ondersoek sal word om te bepaal of dit aan EU-standaarde voldoen.
Aan die tuisfront het Konserwatiewe LP’s en ander parlementslede min ooghare vir dié ooreenkoms. Hulle sê dit sal effektief beteken dat Brittanje deel bly van die EU se vryhandelsgebied.
Die finale besluit oor die Ierse grens gaan weer ter tafel gelê word wanneer Britse LP’s in Januarie oor die Brexit-ooreenkoms stem.
Bronne: BBC, The Guardian, Vox, Huisgenoot, Irish Times, NBC News, inews, Reuters, Rapport/Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie