JP en Drikus konings van die driekamp

Triathlon
Anneli Erasmus
Des Erasmus - Dit was die dag van die gunste­linge toe die Namibiërs Jean-Paul Burger die ultra- en Drikus Coetzee die standaardafdeling in die jaarlikse FNB Sandman driekampkampioenskap met die Swakopmundse Mole as basis gewen het.

In die ultra het ''n besoekende atleet uit Suid-Afrika, Sylvia van Tromp, die vroueafdeling gewen. Nog ''n Suid-Afrikaner, Peter Baker, was die meesteratleet in die ultra.

Die meer as driehonderd deelnemers het van die Sandman-driekamp die grootste byeenkoms die afgelope tien jaar gemaak in die dertigjarige bestaan van die dag van die ystermanne en -vroue. Die byeenkoms het vanjaar benewens die Namibiërs ook deelnemers uit Suid-Afrika, Zimbabwe en ook van oorsese lande gelok.

Die see was vroegoggend nogal rof met die aanvang van die swemskof en die wind het ook amok gemaak met die fietsryers wat vanjaar ''n nuwe roete op die Hentiesbaaipad gevolg het. Daar was nogtans sterk kompetisie wat heelwat opwinding meegebring het.

Soos gewoonlik het OTB vir ''n puik georganiseerde byeenkoms gesorg. Die dag in die Mole was ''n knal waarmee die Kersseisoen langs die kus begin het.

Benewens die deelnemers was daar honderde toeskouers en ondersteuners wat reeds voor sewe-uur Saterdagoggend in die Mole saamgetrek het.



Die belangrikste uitslae was:

Ultra-afstand (1,9 km swem, 90 km fietsry, 21 km draf):

Elite mans: 1. Jean-Paul Burger (00:29;54, 01:19:10) 04:13:53, 2. Horst Neumann 05:15:21, 3. Anton Swart 05:39:00.

Elite vroue: 1. Sylvia van Tromp (00:32:55, 02:26:14, 02:17:27) 05:16:36, 2. Alexandra Kind 05:59:59, 3. Benita Kasch 06:14:24.

Veteraanmans: 1. David Gardner (00:34:32, 02:50:30, 01:40:25) 05:05::27, 2. Gerrit Engelbrecht 06:02:27, 3. Fernando Lopez Bezunar­tea 06:05:56.

Veteraanvroue: 1. Gerda Horn (00:53:29, 03:10:06, 01:54:24) 05:57:59.

Meestersmans: 1. Peter Baker (00:39:39, 03:1006, 02:03:04) 05:52:49.

Manspanne: 1. Desert Stormers 04:26:44.

Gemengde spanne: 1. Prosure 04:35:55, 2. Always Keen 04:54:25, 3. Forever Young 05:42:20.

Standaard-afstand (1 km swem, 40 km fietsry, 10 km draf)

Elite mans: 1. Drikus Coetzee (00:15:07, 01:02:33, 00:35:24) 01:53:04, 2. Tyrone Kotze 02:07:06, 3. Konrad Marais 02:12:55.

Elite vroue: 1. Anri Krugel (00:20:50, 01:19:51, 00:53:06) 02:33:47, 2. Heidi Burmeister-Nel 02:40:15, 3. Frances Chase 02:41:30.

Veteraanmans: 1. Stefan van Doorn (00:20:27, 01:10:12, 00:48:52) 02:19:31, 2. Mark Brinkmann 02:21:42, 3. Christo Horn 02:25:18.

Veteraanvroue: 1. Antje Tietz (00:22:39, 1:19:48, 00:56:40) 02:39:07.

Meestersmans: 1. Jean Marais (00:17:35, 01:12:57, 00:50:36) 02:21:08, 2. Carle Andries Jooné 02:33:55, 3. Roelof Pahl 02:35:45.

Meestersvroue: 1. Barbara Ackermann (00:24:51, 01:19:28, 01:01:40) 02;45:59, 2. Berrit Graf 03:15:14.

Manspanne: 1. Rock Stars, 2. Vossies, 3. Ince & Toll and Toll 02:3118.

Snelafstand (450 m swem, 20 km fietsry, 3 km draf)

Ope mans: 1. Herbert Peters, 2. Morné Honiball, 3. Stephan Gevers 00:57:30, 2.

Ope vroue: 1. Tanya Mackensen, 2. Mariska Grobbelaar, 3. Christiane Beulker 01:06:34.

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!