Jürgen-Leigh slaan nóg ’n Elite Koei-toekenning los

Sharon wen gesogte prys
Ronelle Rademeyer
Die Limousin-koei, Sharon, van Jürgen-Leigh Human (16) van die plaas Otjimukandi, Gobabis, is pas aangewys as die Landbounavorsingsraad (LNR) se Nasionale Beste Limousin Elite Koei in Suider-Afrika.
Hy het die toekenning Vrydag tydens die Jakaranda Landbou­skou in Pretoria in ontvangs gaan neem. Dit is tydens die LNR se Nasionale Vleis­beespresteerders-toekenningsgeleentheid wat deur die landboutydskrif Farmers’ Weekly geborg word, aan hom oorhandig. Sharon volg in die voetspore van Jürgen-Leigh se koei, Tracey, wat die 2015-wenner van dieselfde toekenning was.
Dié jongman is baie beskeie oor die groot prestasie.
Om so ’n uitsonderlike prestasie te behaal en te herhaal onder die uiterste droogtetoestand in Namibië, is nie maklik nie. “Dit verg geloof in jou Skepper, fyn beplanning en bestuur van jou koeikudde om sulke topmoederlyne daar te stel,” sê sy pa, dr. Hannes Human. “Ons beleid van ‘rugryers wat nie elke jaar kalf nie, hoort in die slagplaas’, werp ook vrugte af,” sê hy.
Volgens Jürgen-Leigh loop daar drie bulkawers van Sharon op kommersiële plase in die land rond wat haar genetika versprei. “Twee ander word in my pa se kommersiële beeskuddes gebruik, terwyl ’n luiperd die sesde een gevang het. Al haar dogters is nog in die kudde en dra ma se gene sterk oor. Ek moet darem bysê, my oupa Hantie het haar as jong, eenjarige versie in Suid-Afrika op ’n finale uitverkoping gekoop en sy oog vir goeie genetika is vir my baie werd.”
Jürgen-Leigh is baie bekommerd oor die huidige boerdery-omstandighede waar Namibiese speenkalwers nie die Suid-Afrikaanse grense mag oorsteek nie. “Dit gaan ’n besliste nadelige invloed uitoefen op ons bulverkope, asook vir ons ras omdat die speenkalfboer wat baie lief is vir die Limousin om ’n hoë gehalte speenkalf met ’n baie goeie bouvorm daar te stel, nou skielik voor ’n situasie gestel gaan word waar hy osse moet begin grootmaak en meer na die Bos Indicus-­rasse­ gaan begin kyk."
Hy sê die nadelige finansiële invloed wat die grenssluiting op die boere van Namibië het, rig groot skade aan. Dit het in ’n rimpeleffek ontaard en plattelandse ondernemings trek swaar. “Ek weet nie wat maak boere in die kommunale gebiede nie, want hulle is uitsluitlik speenkalfproduseerders.”
Sharon is uit ongeveer 8 000 vroulike diere as beste elite koei gekies op grond van haar uitsonderlike prestasiesyfers, veral reproduksie. Benewens reproduksie moes sy ook ’n uitstaande rekord hê rakende die groei van haar nageslag. Aspekte wat oorweeg word, sluit in ouderdom met eerste kalf, tussenkalfperiode (TKP), datum van laaste kalwing, volledigheid van haar nageslag se speen­rekords en fisieke gewigte, asook teelwaardes soos direkte geboorte- en speenwaardes. Volledige rekordhouding speel ook ’n belangrike rol in hierdie seleksieproses, vertel hy.
Die Limousin Beestelersgenootskap van Suid-Afrika, waar Jürgen-Leigh se diere geregistreer is, is ook nie min trots op hierdie jong teler se prestasie nie. ’n Artikel onder die opskrif “Jong Namibiese Limousin-teler blink uit”, word in hul 2016 Limousin Joernaal aan hom afgestaan.
Omdat hy nog skoolgaan, aan die Windhoek Afrikaanse Privaatskool, is boerdery ’n naweek- en vakansie-aangeleentheid. Tydens die wintersportseisoen het dit maar gesukkel om by die boerdery uit te kom, sê hy. Gelukkig darem vir moderne tegnologie. Benewens boerdery, het hy vanjaar weer sy kant vir Namibië op die sportveld gebring toe hy vir die o.17 nasionale atletiekspan gekies is.

DATA VAN DIE KOEI
Tat-nommer/Naam: MR 00.28 (Sharon)
Geboortedatum:15 September 2000
Ouderdom met eerste kalf (OEK):
32 maande
Tussenkalfperiode (TKP): 356 dae
Getal kalwers: 14 (6 bulkalwers en 8 verse) en dragtig met nommer vyftien

BLUP-SYFERS
200 dae: +19
400 dae : +24
600 dae : +32
Gewig as volwasse koei: +44
Melk: +5
Karkas: +23

Kommentaar

Republikein 2024-10-16

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 35° Eenhana: 22° | 35° Oshakati: 22° | 35° Ruacana: 19° | 36° Tsumeb: 24° | 31° Otjiwarongo: 17° | 33° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 17° | 30° Gobabis: 20° | 31° Henties Bay: 12° | 18° Wind speed: 23km/h, Wind direction: S, Low tide: 08:15, High tide: 02:25, Low Tide: 20:44, High tide: 14:39 Swakopmund: 12° | 16° Wind speed: 26km/h, Wind direction: SW, Low tide: 08:13, High tide: 02:23, Low Tide: 20:42, High tide: 14:37 Walvis Bay: 12° | 20° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 08:13, High tide: 02:22, Low Tide: 20:42, High tide: 14:36 Rehoboth: 16° | 32° Mariental: 16° | 33° Keetmanshoop: 14° | 30° Aranos: 16° | 34° Lüderitz: 12° | 21° Ariamsvlei: 14° | 30° Oranjemund: 12° | 19° Luanda: 24° | 26° Gaborone: 16° | 31° Lubumbashi: 16° | 33° Mbabane: 9° | 28° Maseru: 14° | 28° Antananarivo: 12° | 28° Lilongwe: 17° | 25° Maputo: 15° | 28° Windhoek: 17° | 30° Cape Town: 14° | 21° Durban: 13° | 24° Johannesburg: 15° | 26° Dar es Salaam: 25° | 31° Lusaka: 15° | 30° Harare: 14° | 27° Currency: GBP to NAD 22.91 | EUR to NAD 19.18 | CNY to NAD 2.47 | USD to NAD 17.61 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.27 | EGP to NAD 0.35 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.65 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.09 | RUB to NAD 0.18 | INR to NAD 0.21 | USD to DZD 133.07 | USD to AOA 909.05 | USD to BWP 13.35 | USD to EGP 48.54 | USD to KES 128.5 | USD to NGN 1654.69 | USD to ZAR 17.62 | USD to ZMW 26.5 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1848.93 Down -0.6% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13939.72 Down -0.78% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 30584.24 Up +1.03% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9796.55 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 675.88/OZ UP +0.58% | Copper US$ 4.35/lb UP +0.80% | Zinc US$ 3 084.00/T UP 0.71% | Brent Crude Oil US$ 74.27/BBP DOWN -0.01 | Platinum US$ 997.03/OZ UP +1.32% Sport results: Weather: Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 35° Eenhana: 22° | 35° Oshakati: 22° | 35° Ruacana: 19° | 36° Tsumeb: 24° | 31° Otjiwarongo: 17° | 33° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 17° | 30° Gobabis: 20° | 31° Henties Bay: 12° | 18° Wind speed: 23km/h, Wind direction: S, Low tide: 08:15, High tide: 02:25, Low Tide: 20:44, High tide: 14:39 Swakopmund: 12° | 16° Wind speed: 26km/h, Wind direction: SW, Low tide: 08:13, High tide: 02:23, Low Tide: 20:42, High tide: 14:37 Walvis Bay: 12° | 20° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 08:13, High tide: 02:22, Low Tide: 20:42, High tide: 14:36 Rehoboth: 16° | 32° Mariental: 16° | 33° Keetmanshoop: 14° | 30° Aranos: 16° | 34° Lüderitz: 12° | 21° Ariamsvlei: 14° | 30° Oranjemund: 12° | 19° Luanda: 24° | 26° Gaborone: 16° | 31° Lubumbashi: 16° | 33° Mbabane: 9° | 28° Maseru: 14° | 28° Antananarivo: 12° | 28° Lilongwe: 17° | 25° Maputo: 15° | 28° Windhoek: 17° | 30° Cape Town: 14° | 21° Durban: 13° | 24° Johannesburg: 15° | 26° Dar es Salaam: 25° | 31° Lusaka: 15° | 30° Harare: 14° | 27° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 22.91 | EUR to NAD 19.18 | CNY to NAD 2.47 | USD to NAD 17.61 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.27 | EGP to NAD 0.35 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.65 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.09 | RUB to NAD 0.18 | INR to NAD 0.21 | USD to DZD 133.07 | USD to AOA 909.05 | USD to BWP 13.35 | USD to EGP 48.54 | USD to KES 128.5 | USD to NGN 1654.69 | USD to ZAR 17.62 | USD to ZMW 26.5 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1848.93 Down -0.6% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13939.72 Down -0.78% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 30584.24 Up +1.03% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9796.55 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 675.88/OZ UP +0.58% | Copper US$ 4.35/lb UP +0.80% | Zinc US$ 3 084.00/T UP 0.71% | Brent Crude Oil US$ 74.27/BBP DOWN -0.01 | Platinum US$ 997.03/OZ UP +1.32%