JRP sing oor onsterflike liefde

Yandi Du Plessis
Die gewilde Namibiese folksanger met die rasperstem, John Rock Prophet, se splinternuwe enkelsnit, “Mingerhout”, word vandag op alle digitale platforms vrygestel.

Die snit sal beskikbaar wees op Spotify, Apple Music, iTunes en Deezer.

Dié liefdesgedig is vir die eerste keer op 29 Maart op Facebook bekend gestel, toe die sanger die liriekevideo gedeel het. Die snit is tot dusver baie positief ontvang, en Namibiërs is duidelik trots op een van hul eie wat die plaaslike musiekbedryf na nuwe hoogtes neem. Die video is intussen al 44 000 keer gekyk.

Die sanger is opgewonde dat die video ook binnekort op die musiekkanaal kykNET Nou! gaan verskyn.

Oor sy inspirasie vir “Mingerhout” vertel hy: “Ek het gekyk na ’n paartjie, ’n bejaarde oom en tannie, wat ná al die jare nog verlief is en net bymekaar wil wees. Soos wat hulle ouer raak, kan ’n mens egter sien hulle raak meer en meer bekommerd oor hulle gesondheid en vra al hoe meer die vraag: ‘Watter een van ons gaan eerste van die ander moet afskied neem?’ Hulle het nie kinders nie, so as die een gaan, wat gaan van die ander een word?”

Ruan Greeff, alias John Rock Prophet, is ’n gebore Windhoeker, en het sy eerste kitaar op laerskool verdien ná sy pa vir hom belowe het om vir hom ’n kitaar te koop sodra hy sy eerste liedjie kan speel.

Op 12 het hy toe ‘n vriend se kitaar geleen en die hele aand geoefen. Toe hy sy eie weergawe van “Suikerbos” vir sy pa speel, is hy en sy pa dadelik in hul rooi Ford Cortina musiekwinkel toe. Hy het begin skryf en nie weer die pen neergesit nie.

Hy sê hy werk nie tans aan ’n nuwe album nie, maar werk wel aan ’n paar nuwe enkelsnitte. Hou sy sosiale media-blaaie dop om op hoogte te bly.

Kommentaar

Republikein 2024-11-22

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!