JSE se ‘monopolie-kapitaal’ toe nié so wit
’n Studie oor eienaarskap van maatskappye wat op die JSE genoteer is, toon dat net 14% van aandele in Suid-Afrikaanse maatskappye regstreeks deur individue en trusts besit word.
'n Studie, wat onderneem is te midde van debatte oor “witmonopoliekapitaal” en ekonomiese transformasie, is aan die staande komitee oor finansies in die Suid-Afrikaanse parlement voorgelê. Dit is gefokus op die eienaarskap van maatskappye wat op die Johannesburgse aandelebeurs (JSE) genoteer is.
Die bevindinge sluit in:
•38% van die JSE word besit deur buitelandse beleggers;
•24% word besit deur plaaslike aftreefondse;
•Nog 24% word besit deur ander Suid-Afrikaanse institusionele beleggers en beleggingsbestuurders.
Die navorsers beveel aan dat die maatstawwe waaraan swart ekonomiese bemagtiging (SEB) gemeet word, heroorweeg word, omdat dit nie slaag in een van sy belangrikste doelwitte nie: om die samelewing minder ongelyk te maak.
Die fokus van die beleid val eerder op aandeelhouding as op bestuur van maatskappye.
Die navorsers beveel ook aan dat wanneer maatskappye se vlak van swart besit gemeet word, hulle ook krediet kry vir SEB deur indirekte (swart) aandeelhouding, soos in gevalle waar pensioenfondse met baie swart lede aandele in die maatskappy besit.
Tans word slegs direkte swart aandeelhouding met die toekenning van SEB-punte in berekening gebring, wat daartoe lei dat min maatskappye met ’n “goeie” vlak spog, selfs al het hulle aansienlike indirekte swart aandeelhouding.
Die verslag, opgestel deur ¬Lynne Thomas, ’n onafhanklike navorser en konsultant wat voorheen verbonde was aan die sentrum vir navorsing oor ekonomie en finansies in Suider-Afrika by die London School of Economics (LSE), toon voorts waarom buitelandse belegging belangrik is en hoe indirekte aandeelhouding ook tot transformasie bydra.
Luidens die verslag is een van die “belangrike strukturele beperkinge” van die Suid-Afrikaanse ekonomie dat mense min spaar.
Mense sal baie meer moet spaar om die ekonomie te help groei. As gevolg van dié tekort aan plaaslike bronne van fondse (spaargeld) en omdat belegging in die land noodsaaklik is, moet buitelandse kapitaal gelok word sodat die land sy doelwitte van werkskepping en inklusiewe groei kan behaal.
Pensioenfondse
Institusionele fondse (veral aftreefondse, langtermynversekeringsmaatskappye en kollektiewe beleggingskemas) het in 2013 39% van die top-100 maatskappye op die JSE besit.
Van die aftreefondse is die staatspensioenfonds (GEPF) die grootste, wat sowat 40% besit van alle bates wat deur pensioenfondse besit word. Die GEPF is ook die grootste enkele aandeelhouer in genoteerde maatskappye op die JSE.
Die GEPF besit sowat 11% van die markwaarde van die top-25 genoteerde maatskappye.
Die begunstigdes van pensioenfondse wissel van welgestelde Suid-Afrikaners tot miljoene werkers en hul afhanklikes. “Só word die voordele van aandeelhouding – as ’n voertuig om rykdom op te bou – vir miljoene Suid-Afrikaners beskikbaar gemaak.”
Die hoë werkloosheidsyfer en die ontoereikendheid van beroepsfondse (occupational funds) veroorsaak egter dat ’n groot deel van die bevolking uitgesluit word van dié voordele. “Werkskepping is noodsaaklik om besparing en rykdom vir die hele bevolking te verhoog.”
Volgens Statistieke Suid-Afrika se kwartaallikse peiling oor die arbeidsmag het beroepsfondse 6,5 miljoen lede, wat 47% van werknemers in Suid-Afrika verteenwoordig: 67% van die lede is swart, 12% bruin, 4% Indiër- of Asiaties en 17% wit. Van dié werknemers wat nie aan beroepsfondse behoort nie, is 80% swart. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie