JSS Schmelenville se leerders gemotiveer
Twee beurse vir leerlinge beskikbaar
Maria Eiseb
Oudleerlinge en alumni van die Junior Sekondêre Skool Schmelenville op Bethanie het kragte saamgesnoer om ’n loopbaan-evaluering en mentorskapprogram (CAMP) vir graad 11- en 12-leerlinge aan te bied.
Mnre. Sidney Boois, Gilbert Boois, Daniel Motinga en Terence Mutendere was onder meer vir die aanbieding van die program verantwoordelik en die doel was om leerlinge aan te moedig om verder te studeer.
Die besluit om CAMP aan te bied, het gekom nadat die mans die potensiaal en kundigheid van die leerders raakgesien het en gevolglik onderneem het om hulle te ondersteun.
Volgens die stigter en direkteur van CAMP, mnr. Sidney Boois, het hulle gesien baie leerlinge wil graag verder studeer, maar dat die omgewing en omstandighede tuis dit nie altyd toelaat nie. “Juis dié kinders het iemand nodig om hulle te help; om ’n pad met hulle te stap. Soms het die kinders net motivering nodig.”
As individue wat ook op Bethanie skoolgegaan het, is hulle deeglik daarvan bewus dat leerders graag verder wil studeer, maar nie altyd kan nie omdat hulle nie bystand kry nie.
“As ons wat in staat is nie die kinders help nie, wat sal van hulle word?” het hy gevra.
Hy het daarop gewys dat met die ondersteuning wat hulle aan leerders bied, dit nie ouers, onderwysers en selfs die regering se verantwoordelikheid verminder nie.
“Die regering is egter nie in staat om almal tegelyk te help nie, en dit is hoekom ons besluit het om die leerlinge te ondersteun.”
Hy het leerders ook duidelik laat verstaan dat motivering nie die enigste ding is wat hulle sal help slaag nie. “Elkeen van julle is in beheer van sy of haar toekoms,” het hy gesê.
Tydens die opening van CAMP het die goewerneur van die Hardapstreek, me. Esme Isaacks, gesê dat beleggings uit die openbare en private sektor nodig is om ongelykhede en werkloosheid te oorbrug. “Enigiets is met opleiding moontlik,” het sy gesê.
Benewens die onskatbare waarde van CAMP, is twee beurse ook beskikbaar gestel vir leerlinge wat kwalifiseer om opleiding in handelsvakke te ontvang.
Volgens een van die deelnemers, Fozia Vries, ’n graad 11-leerling en die onderhoofmeisie, het sy waarlik die betekenis van loopbaan- evaluering en mentorskap ontdek. “Ek weet nou ek het die potensiaal wat die organiseerders in my gesien het,” het sy gesê.
“Ons het goeie leierskapopleiding ontvang en hulle het my geleer om altyd my beste te gee.”
Sy het bygevoeg dat deelnemende leerlinge se punte verbeter het omdat hulle ekstra klasse bywoon en meer aandag kry. “Daar is ook ander leerlinge wat in die program belang stel omdat dit tot ons voordeel is.”
Die dag is moontlik gemaak deur die ondersteuning van die dorpsraad, die ministerie van onderwys, kuns en kultuur, en met die bystand van me. Christel Harases.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie