JTL Beukes bars uit sy nate
Augetto Graig
Die Primêre Skool JTL Beukes op Rehoboth is besig om uit te brei, met die aanbouing van ’n klein kombuis en vier preprimêre klaskamers, asook ’n speelgroepkamer wat bykans voltooi is.
“Ons bou voort. Ons nader nou die einde,” sê die skoolhoof, me. Brigette Louw. Sy sê die gemeenskap het ’n groot bydrae gelewer en ander nie-regeringsorganisasies het ook hand bygesit, maar dat die regeringskool goed saamwerk om met die ontwikkeling te help.
Met die ministerie van onderwys, kuns en kultuur se steun, wat vroeër vanjaar deur die direktoraat bevestig is, kan hulle terugbetaling vir die bouwerk eis, maar die kombuis het “deur ons eie finansiering ’n werklikheid geword,” het sy gesê.
Talle pogings word aangewend om in die skool te belê, soos die plant van die gras op die sportveld. Dit is reeds bemes nadat die grond gelyk gemaak is.
Die skool is aanvanklik opgerig om 600 kinders te huisves, maar tans word meer as ’n duisend leerlinge hier onderrig.
Baie van die kleuters kom van minderbevoorregte huisgesinne en die ouers se geldelik bydrae tot die skool is klein.
Nogtans het Louw drome om ’n skoolbus aan te skaf en ’n biblioteek te bou.
Ná sewe jaar as hoof, beoog sy om haar drome ’n werklikheid te maak voordat sy oor vier jaar moet aftree.
“Die kinders se prestasies spoor my aan. Ek is baie lief vir hulle, al is hulle soms stout!” sê sy.
Die skool presteer op verskeie gebiede, met die gedugte rugbyspannetjie wat baie goed vaar en leerlinge wat ’n goue en bronstoekenning by die onlangse wetenskapskou ingeoes het.
“Ons presteer geweldig goed in rugby en ons het twee spanne in die skole-eindstryd gehad. Die o.12’s het tweede plek behaal en die silwer gewen, terwyl die o.13’s kampioene is!” het Louw gesê.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie