Julian Assange ná sewe jaar in Londen in vasgetrek
Die WikiLeaks-medestigter Julian Assange is pas in die ambassade van Ecuador in Londen in hegtenis geneem. Hy het sewe jaar lank daar geskuil.
Ecuador het die politieke assiel wat aan hom verleen is, teruggetrek. Hy is Donderdag gevra om die ambassade te verlaat waarna hy aangekeer is.
Assange is berug daarvoor dat hy verskeie dokumente en geheime videomateriaal uitgelek het wat die Amerikaanse regering in 'n slegte lig geplaas het.
Die metropolitaanse polisie het reeds in 2012 'n lasbrief vir sy inhegtenisname uitgereik. Die Amerikaanse departement van justisie het ook 'n strafregtelike klag teen Assange (47) ingedien. Hy word onder meer ook daarvan verdink dat hy Russiese agente gehelp het om by die mees onlangse presidensiële verkiesing in Amerika in te meng.
Assange skuil sedert Junie 2012 in die Ecuadoriaanse ambassade in Londen nadat 'n lasbrief vir sy ingehtenisname ook in Swede uitgereik is. Hy staan daar tereg op 'n klag van seksuele aanranding.
Hy hou vol al die bewerings teen hom is ongegrond en dat die Sweedse regering hom eintlik net aan Amerika wil uitlewer.
Assange se uitgerekte verblyf by die Ecuadoriaanse ambassade in Londen was 'n doring in die vlees vir albei lande en het tot 'n stremming in die verhouding tussen Ecuador en Amerika gelei.
Ecuador het in Desember 2017 burgerskap aan Assange gegee, maar die Britse regering het dit duidelik gemaak dat Assange in hegtenis geneem gaan word die oomblik wat hy die ambassade verlaat.
Assange, oorspronklilk van Australië, het WikiLeaks begin as 'n hulpmiddel vir fluitjieblasers wat geheime inligting oor regerings van oor die wêreld heen wou blootlê. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie