Julian kry binnekort uiteindelik sy nier
Henriette Lamprecht – ’n Seun van Rehoboth, wat met Denys-Drash-sindroom gediagnoseer is, ontvang uiteindelik aanstaande maand ’n nieroorplanting.
Beide Julian Rittmann (12) se niere is reeds verwyder.
Volgens sy ma, me. Agnes de Waldt, moes haar seun in Februarie die oorplanting in Suid-Afrika ontvang het, maar is hy teruggestuur omdat hy ’n abses in sy blaas gehad het.
Nou het die departement van gesondheid in die buurland goedkeuring gegee dat Julian op 28 Junie uiteindelik sy nieroorplanting kan kry.
Ma en seun moet reeds op 25 Junie in Johannesburg wees om die dokters wat by die oorplanting betrokke is, te sien. Julian is sover bekend die enigste kind in Namibië met Denys-Drash-sindroom.
Sy pad was vol uitdagings tot dusver en het op die brose ouderdom van ses weke begin met ’n operasie om ’n liesbreuk te herstel.
Op 18 maande is nefrotiese sindroom by Julian gediagnoseer. Sy diagnose met Denys-Drash-sindroom het gevolg op ’n nierbiopsie by die Rooikruis-kinderhospitaal in Kaapstad. Julian moet drie keer per week van Rehoboth na Windhoek vir dialise reis.
Deur alles, sê sy trotse ma, bly haar seun “’n sonstraal”.
’n Spesiale fonds is vir Julian se mediese behandeling en sorg gestig.
Besonderhede is: Die Julian Rittmann-trustfonds, reg.nr. 344/2007, Bank Windhoek, Rehoboth-takno: 486572, rekno: 8004483342. Vir meer besonderhede kan De Waldt by [email protected] gekontak word.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie