‘Julle seer is ons seer’
Mense
Boet Matthews – “Julle hartseer is ons hartseer, julle pyn is ons pyn.”
Pastoor John Hess het Saterdag ’n boodskap van vertroosting en eenheid gehad vir die vriende en familie van die drie boesemvriende wat twee naweke gelede tydens ’n tragiese uitstappie met ’n boot in die Oanobdam verdrink het.
Die gesamentlike roudiens vir Björn van Wyk, George Izaaks en Rasjiv Dentlinger is die naweek by die oord se tentesaal gehou en is deur sowat 100 familielede en vriende bygewoon. Die drie vriende word komende Saterdag saam in een graf in die dorp se begraafplaas begrawe.
Volgens Hess is dit nie net in Rehoboth wat medelye en gebede vir die geraakte families uitgegaan het nie, maar ook “in die meeste plekke in die land”.
“Die dood het onverwags gekom en ons kan onkant gevang word, maar nie die Here nie. Ons ken nie die dag van môre nie, maar God het die toekoms in Sy hande, Hy sal vir hulle as families deurkom,” het Hess in ’n boodskap ná afloop van die diens gesê.
Hy het gesê: “Waar daar lesse is wat ons moet leer, sal ons leer. Ons as gemeenskap sal ons laat lei deur die Here en Sy liefde, genade en wysheid.”
Volgens die pastoor was daar verskeie versoeke vir gebed nadat die nuus van die verdrinkings gebreek het en daar steeds jong mense was wie se liggame nog nie gevind was nie.
“Die versoeke in gebed van die gemeenskap was dat hulle gevind moet word. Sondag is hulle gevind.”
Hy het erken daar is baie “seer en gebrokenheid”, maar dat die Here genesing sal bring.
“Vir ons jong kinders, hulle vriende, ons harte gaan uit na julle.” Hess het beklemtoon niemand is hier om “klippe te gooi of vinger te wys nie”.
“Ons sal vir julle bid, seuns en dogters van Rehoboth.”
Hy het die wens uitgespreek dat God se hand in besonder oor die drie vriende se families mag wees en dat hulle op hul eie tyd en eie manier moet rou.
“Ons glo die Here sal julle dra, elke dag; ook Saterdag ná die begrafnis sal God julle bly dra en nie weg wees nie. Van die kerkgemeenskap en die gemeenskap van Rehoboth – God seën julle.”
– [email protected]
FOTO’s Boet Matthews
Pastoor John Hess het ’n spesiale boodskap van vertroosting en eenheid vir familie en vriende gebring.
Familie van die drie boesemvriende Björn van Wyk, George Izaaks en Rasjiv Dentlinger wat ’n week tevore tydens ’n uitstappie op die Oanobdam buite die dorp verdrink het, het Saterdag ná afloop van ’n spesiale roudiens blomme vir hul geliefdes op die dam gestrooi.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie