Junior dorpsraad skenk aan Spesiale Skool Eluwa
Ongwediva se junior dorpsraad het onlangs verskeie items aan die Spesiale Skool Eluwa op die dorp geskenk.
Dié items sluit klere, skoene en komberse in, wat deur lede van die junior dorpsraad by hul onderskeie skole op en rondom die dorp ingesamel is.
Hierdie is ’n koshuisskool vir sig- en gehoorgestremde kinders. Dit is in 1970 gestig en bied onderwys aan kinders van die preprimêre skooljaar tot graad 10.
Die hoof van die skool se afdeling vir gehoorgestremdes, me. Ndinelago Nangolo, het die junior dorpsraad namens die skool bedank, en gesê hulle is dankbaar dat hul skool gekies is.
“Ons is seker hierdie items gaan ’n groot verskil aan ons leerlinge maak.”
Nangolo het gesê die skool sou aanvanklik omsien na kinders wat sig- of gehoorgestremd is, asook diegene wat fisiese gestremdhede ondervind. Weens ’n gebrek aan geriewe en ’n tekort aan versorgers, het dit nooit gebeur nie. Nou huisves die skool 104 siggestremde kinders, 245 gehoorgestremde kinders, 48 versorgers en 46 ander personeellede wat skoonmakers, ’n koshuismatrone en kokke insluit.
Tydens die oorhandiging het die adjunk junior burgemeester, Paulina Hambata (’n graad 10-leerling van die Gekombineerde Skool Charles Anderson op Ongwediva), gesê die junior dorpsraad het die skool se nood raakgesien.
“’n Behoefte bestaan om elke individu op Ongwediva te help en ons beplan om dit stapsgewys te bereik. Hierdie skenking is maar ’n klein blyk van waardering vir hierdie leerlinge wat deel van ons gemeenskap is,” het Hambata gesê. – Nampa

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie