Junior mans wen trofee in Italië
Rolskaatshokkie
Namibië se junior mans rolskaatshokkiespan het die naweek geskiedenis gemaak deur algeheel negende by die Wêreldkampioenskap te eindig en sodoende met die Nasiebekertrofee terug te keer.
In die Nasiebeker-eindstryd Saterdag in Asiago, Italië, het die jongmanne bo verwagting presteer om Colombia met 4-3 te klop nadat hulle rustyd met 2-0 voor was.
Colombia was die gunsteling nadat hy verlede jaar in die topagt klaargemaak het. Vanjaar het die Suid-Amerikaners egter hul veldtog swak begin en nederlae teen Italië, Spanje, die VSA en Kanada het hom in die Nasiebeker-afdeling geplaas vir spanne wat vir die negende tot 16de plekke uitspeel.
Colombia het reggeruk en oorwinnings teen Australië (6-1) en Engeland (5-1) het hul plek in die eindstryd teen Namibië bespreek.
Namibië het vroeër sy veldtog in styl begin en met vier opeenvolgende seges teen Letland (1-0), China (14-0), Nieu-Seeland (4-3) en Pole (8-2), sou net nog een oorwinning hulle vir die eerste keer tot die Wêreldbeker-topagt laat deurdring.
Ongelukkig het nederlae teen Kanada (3-7) en Switserland (4-2) hulle na die Nasiebeker gerelegeer.
Die Namibiërs het hierna nietemin hul stempel afgedruk deur Duitsland met 13-1 en Nieu-Seeland met 4-1 verslaan om vir die eindstryd teen Colombia te kwalifiseer.
Drie doele deur Liam Strydom het Namibië met 3-2 voor geplaas en met drie minute speeltyd oor was hulle danksy nog 'n treffer deur Chayton Haberl met 4-3 voor.
Dit het briljante keerwerk van doelwagter Ruben Bacher gekos om die Suid-Amerikaners weg te hou en die oorwinning te verseël.
Geen Namibiese senior of junior manspan het tevore só hoog op die ranglys geëindig nie. Die juniors se vorige beste eindposisie was elfde.
Die hoofafrigter Brian Sobel het die Namibiese jongspan gelukgewens met 'n historiese vertoning.
“Dié prestasie is behaal met sewe van ons 14 spelers wat as groentjies by die Wêreldkampioenskap aangekom het. Die Namibiërs het met passie, landstrots en vasberadenheid gespeel,” het hy bygevoeg.
Liam Strydom was Namibië se voorste doelskieter (11) in die toernooi. Amandus Roettcher en Wim van der Plas was elkeen met ses treffers in die kol.
Ivan Reviglio en Chayton Haberl het elkeen vyf doele aangeteken, en Max Finkeldey, Stefan Bartsch en Christiaan Coetzee het elk vier doele bygedra.
Die Wêreldbeker-toernooi is gewen deur die Verenigde State wat Italië met 6-2 in die eindstryd geklop het, terwyl Spanje vir Frankryk met 3-0 in die bronsfinaal geklop het.
Die junior mans se finale stand: Goud VSA, silwer Italië, brons Spanje; 4 Frankryk, 5 Tsjeggië, 6 Kanada, 7 Swede, 8 Switserland, 9 Namibië, 10 Colombia, 11 Brittanje, 12 Nieu-Seeland, 13 Chinese Taipei, 14 Pole, 15 Australië, 16 Duitsland, 17 Indië, 18 China.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie