Juniors in eerste toernooi vir seisoen
Tennis
Tielman van Lill
Die eerste Sanlam junior tennistoernooi van die jaar het Vrydag by verskeie bane in die hoofstad afgeslaan. Altesame 56 deelnemers van oral in die land het in verskeie ouderdomsgroepe kragte gemeet.
Die tweedaagse toernooi is vanaf die o.8- tot o.18-groepe vir meisies en seuns aangebied.
Dantago Gawanab, die gunsteling in die o.18-kategorie, was eerste in 'n vinnige tweestel onderonsie betrokke waar hy Marsen von Lieres met 6-0, 6-2 oorskadu.
In die finaal het Gawanab teen Tavin Tait te staan gekom om die titel met 6-1, 6-2 in te palm.
Die afdeling vir o.14-meisies is deur Lisa Yssel oorheers met Hendrina Apollus, die naaswenner, wat kort op haar hakke gevolg het. Megan Lombardt het die o.16-meisiesafdeling oorheers toe sy in die rondomtaliefase al haar wedstryde gewen het om Tuna Nkandi uit te stof, wat net een botsing verloor het.
Luca Monteforte is nog 'n o.16-speler wat al sy wedstryde gewen het om Raul Sing Uras met 6-1, 6-0 te klop.
In die o.10-afdeling vir seuns en meisies het die jongklomp behoorlik op die bane gebaljaar en uitstekende sportmangees teenoor mekaar geopenbaar. Dié kategorie is ook op 'n rondomtalie-gronslag beslis waar Vaja Mbetjiha as die wenner na vore getree het, met Cari Stears in die tweede plek. Keon Azadeh was by die seuns die oorwinnaar met Ruben Yssel tweede.
In die dubbelspel het Gawanab en Tait die o.18-afdeling gewen, terwyl Donovan Peters en Thadrin Thyus tweede was.
In die o.16-kategorie het die kombinasie van Montefort/Kienitz 'n hewige stryd in drie stelle opgesit om Singh/Wassenaar met 7-5, 3-6, 10-8 te klop.
Cari Stears en Vaja Mbetjiha het Vekama Opermaan en Odysia Karaerua met 8-2 in 'n lang en intense stryd in die meisies o.10-afdeling oorrompel.
Uitslae:
Seuns o.8: Abraham Alemu.
Meisies en seuns o.10: Vaja Vaja Mbetjiha, Keon Azadeh.
Meisies en seuns o.12: Elzé Stears en Adam Diggle.
Meisies en seuns o.14: Lisa Yssel en Daneel van der Walt.
Meisies en seuns o.16: Megan Lombardt en Luca Monteforte.
Meisies en seuns o.18: Bronwyn Kavarure en Dantago Gawanab.
Dubbelspel
Meisies en seuns o.10: Cara Stears/Vaja Mbetjiha en Keon Azadeh/Ruben Yssel.
Meisies o.12: Tji Tji Mbetjiha/Elzé Stears.
Seuns o.14: George Louw/Daniel Jauss.
Seuns o16: Luca Monteforte/Daniel Kienitz.
Meisies en seuns o.18: Bronwyn Kavarure/Megan Lombardt en Tevin Tait/Dantago Gawanab.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie