• Tuisblad
  • Sport
  • Juniors nie na Kroonstad vir 'n beskeie ontmoeting
Juniors nie na Kroonstad vir 'n beskeie ontmoeting
Juniors nie na Kroonstad vir 'n beskeie ontmoeting

Juniors nie na Kroonstad vir 'n beskeie ontmoeting

Tielman van Lill
Die Namibiese Junior ­Jukskei-vereniging het Vrydag na Kroonstad vertrek waar dit vanaf 5 tot 9 Desember aan die 2016 Suid-Afrikaanse Junior Kampioenskappe deelneem.

Daar sal ook toetse in die o.16- en o.19-ouderdomsgroeppe (dogters en seuns) tussen dié twee bure gespeel word. Twee spanne is vir die Akademieweek gekies wat Namibië in die o.16-­afdeling sal verteenwoordig.

“Ons wens ons seuns en dogters sterkte toe en glo dat dit ''n suksesvolle kampioenskap vir Namibië sal wees,” het Jukskei Namibië se verklaring gelees.

Die juniorspanne wat aan die Suid-Afrikaanse Junior Kampioenskappe in Kroonstad deelneem: o.13-dogters - Marion Botma, lana Botma, Karien Coetzee, Leandri Coetzee en Milicka Rousseau; Tweedespan - Jana Grové, Tanya Maree, Jolene Coetzee en Bre-Anne Jenkins; o.13-seuns - Janco Koegelenberg, Riaan Grové, Olli Viviers, Ryno Maree, Janco Esterhuyzen en Marnus Botma; Tweedespan - Ruben Maree, Shaun van der Merwe, JC Naude, Dean Viviers en Pierre de Vries.

Akademieweek: o.16-dog­ters. Natali Kuhn, Heila Mostert, Chrisel Jenkins, Bianca van Wyk en Cameron van Niekerk. o.16-seuns. Nico Coetzee, Ruan Cronje, DW Beets, Shaun Viljoen en Hannes Engelbrecht.

Die volgende spanne sal in die toetse teen Suid-Afrika in aksie wees en ook aan die kampioen­skap deelneem: o.16-seuns - Willie Eiman, Jan-Hendrik Duvenhage, Armand Combrinck, Jandré Esterhuyzen. Die span word deur Jaco Esterhuyzen afgerig. o.19-dogters - René van Wyk, Monique van Wyk, ­Salandrie Combrinck, en Zuretha Horn. Diea rigter is Elmarie Horn; o.19-seuns - Rudolf Horn, ­Christiaan Horn, Keith du Preez en Corné Esterhuyzen. Die afrigter is Jaco Groenewald.



Weste-kampioenskap

Namibië Jukskei het onlangs ''n baie suksesvolle Weste-streekkampioenskap op Swakopmund aangebied waar daar in vier afdelings meegeding is.

Dit was ''n ideale dag vir jukskei en ten spyte van die wind wat soms gelol het, is uitstekende spel deur die deelnemers gelewer. Elke streek het sy bes gelewer en die spelers was reg om mekaar tot die laaste skei aan te durf.

Die bestuur van Namibië Jukskei (NJ) bedank graag die Weste-streek en elke speler vir die puik dag.

“''n Baie groot dankie aan al ons borge wat die dag moontlik gemaak het, sonder julle sou dit nie moontlik gewees het nie,” het NJ se verklaring gelui.



Uitslae

A-afdeling. 1. Noorde A (55.5 punte), 2. Weste A1 (46 p). 3. Suide A (39.5 p). B-afdeling. 1. Weste B2 (33.5 p), 2. Sentraal B (31 p). 3. Weste B1 (29.5 p). C-afdeling. 1. Sentraal C1 (41 p), 2. Suide C1 (33.5 p), 3. Weste C2 (27.5 p). D-afdeling. 1. Sentraal D1 (42.5 p), 2. Sentraal D2 (34 p), 3. Noorde D1 (31.5 p).

Die volgende spelers in die senior B- en C-spanne sal volgende jaar na Kroonstad reis om vanaf 20 tot 24 Februarie aan die Suid-Afrikaanse Kampioenskappe deel te neem. B-­afdeling. Charles Fortuin, Lucas Shikidule, Abraham Kalomo en Phillipus Hangome. C-­afdeling. Andries Kulhmann, Immanuel­ Junias, Junias Ndjiluwa en Collins Mweupange. Die span span­bestuurder is Simon Angula terwyl Erik Strauss die toerleier­ is.

Mense wat belang stel in jukskei in Namibiënkan www.jukskei-nam.com­ vir meer inligting besoek.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!