Juniors takel Afrika se beste
Juniors takel Afrika se beste

Juniors takel Afrika se beste

Swem
Tielman van Lill
Tielman van Lill



Die Namibiese Swemfederasie (Nasfed) stuur sewe swemmers na Accra, Ghana, waar hulle Namibië van Maandag af by die 14de CANA (Confédération Africaine de Natation) junior en senior Afrika-swemkampioenskap sal verteenwoordig.

Die kompetisie vind tot 16 Oktober by die Trust-sportkompleks plaas, waar lande van oraloor Afrika sal kompeteer.

Ronan Wantenaar, wat by die Fina-ontwikkelingsentrum in Kazan in Rusland oefen, sal van daar by die res van die span aansluit.

Nasfed sê in 'n vrystelling: “Ons swemmers het hard geoefen om hul geestelike gesondheid deur 'n moeilike tydperk te behou. Ons salueer hulle en weet die swemmers sal na die beste van hul vermoëns kompeteer. Nasfed wens hulle sterkte en vinnige tye toe.

“Ons bedank graag die Pupkewitz-stigting en me. Cheryl Barry (hoofbeampte) asook die Namibiese Nasionale Olimpiese Komitee vir hul finansiële steun wat dit moontlik vir die swemmers maak om Namibië te verteenwoordig.”

Die span wat môre na Ghana vertrek, is Reza Westerduin, Trisha Mutumbulua, Maja Brinkmann, Jose Canjulo, Mikah Burger, Nicole Redecker en Ronan Wantenaar. Die groep word deur Florian Hentzen (afrigter/spanbestuurder) en Jean-Michael Leitner (afrigter) vergesel.

Kommentaar

Republikein 2024-11-28

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 37° Rundu: 22° | 38° Eenhana: 21° | 37° Oshakati: 22° | 34° Ruacana: 19° | 37° Tsumeb: 25° | 37° Otjiwarongo: 21° | 36° Omaruru: 20° | 38° Windhoek: 20° | 33° Gobabis: 18° | 34° Henties Bay: 14° | 21° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 15° | 21° Rehoboth: 18° | 34° Mariental: 18° | 35° Keetmanshoop: 18° | 35° Aranos: 17° | 35° Lüderitz: 16° | 27° Ariamsvlei: 17° | 34° Oranjemund: 14° | 27° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 16° | 32° Lubumbashi: 16° | 33° Mbabane: 12° | 25° Maseru: 7° | 24° Antananarivo: 17° | 27° Lilongwe: 21° | 33° Maputo: 19° | 30° Windhoek: 20° | 33° Cape Town: 16° | 24° Durban: 14° | 23° Johannesburg: 13° | 27° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 19° | 30° Harare: 17° | 23° #REF! #REF!