Juniors teen Afrika se bestes gemeet

Skaak
Andrew Poolman
’n Span van 34 skaakspelers van Namibië is onlangs gestuur om in Port Elizabeth aan die Afrika Jeugkampioenskap te gaan meeding.
By die goed georganiseerde toernooi het meer as 300 spelers van 14 lande op die vasteland mekaar in ses ouderdomsgroepe (onder 8 tot o.18) die stryd aangesê.
Elke speler het nege wedstryde gespeel.
In die wedloop om medaljes was sake geensins maklik in kompetisie teen die sterk lande soos Suid-Afrika, Botswana, Zimbabwe, Zambië, Algerië en Egipte nie.
Nigerië, Botswana, Kenia, Libië, Mosambiek, Lesotho en Malawi se spanne was ook by die kampioenskap teenwoordig.
Me. Melitta Kgobetsi-Mathe, wat as die Namibiese Skaakfederasie se missiehoof opgetree het, reken die blootstelling vir die jong kinders tel baie punte vir hul ontwikkeling. In vergelyking met vorige jare se uitslae is die gaping ook verklein.
Spelers van die streke Khomas, Karas, Erongo en Otjozondjupa is ingesluit in die grootste Namibiese junior skaakspan wat nóg buite die landsgrense meegeding het.
“Junior skaak in Namibië het die afgelope jare baie verbeter en ons verwag om binnekort op kontinentale vlak ’n krag te word wat nie sommer net daar is om deel te neem nie,” sê Kgobetsi-Mathe.
Die kompetisie was hierdie keer ’n bietjie sterk vir ons span, maar die reis was nietemin suksesvol en van waarde.”
Op individuele vlak het Namibië se jong talent Kevin Gurirab dit reggekry om met twee toekennings huis toe te kom nadat hy twee van die grootste skokuitslae in die o.14-afdeling veroorsaak het. Dit was toe hy in sy openingswedstryd sy landgenoot Dante Beukes (CM, kandidaat skaakmeester) en daarna die Algeriese speler Adrar Sofiane (FM, FIDE-meester) geklop het.
Beukes se plek in die topvyf van sy ouderdom was ook ’n goeie prestasie.
In die algehele kompetisie het Suid-Afrika en Algerië boaan al die ouderdomskompetisies klaargemaak.
Die span is deur mnre. Sanders Oberholzer en Immanuel Gariseb as afrigters vergesel, asook ’n paar ouers en lede van die NCF subkomitee.
Vir jong spelers is die Afrika-skolekampioen­skap die volgende uitdaging waarna hulle nog vanjaar kan uitsien.
Van die borge wat die Namibiese deelname help moontlik maak het, was die Namsov maatskappyegroep, EBH Namibia (Elgin Brown & Hammer), Old Mutual Namibia, die Windhoek Buitekluboord en Hillcrest Medical Group.
Die Otjozondjupastreek se viertal spelers is deur B2Gold en Cenored ondersteun.
Van die Namibiërs wat die voorste uitslae in hul ouderdomsgroepe­ behaal het:

MEISIES ONDER 8
Jamie-Nicole Beukes 4.5 punte

SEUNS ONDER 10
Mika Oberholzer 4.5 punte

MEISIES ONDER 10
Anine le Roux 4.5 punte
Luré Horn 4.5 punte

SEUNS ONDER 12
Jane Ditshaba 4.5 punte

SEUNS ONDER 14
Dante Beukes (CM) 5.0 punte
Kevin Gurirab 5.0 punte
Aldo Horn 4.5 punte

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!