Juwele wil in toptien deurbreek
Namibië is 23ste op die Internasionale Netbalfederasie se wêreldranglys, maar is gereed om groot treë vorentoe te gee.
Tielman van Lill – Namibië se senior netbalspan, die Debmarine Desert Jewels, vertrek Vrydag na Kaapstad waar hulle van 25 tot 31 Maart aan die Spar Drienasies Uitdaagreeks teen die gasheerland en Uganda gaan kompeteer.
Debmarine borg die Juwele se deelname met 'n lywige N$347 000 om hul talent in Suid-Afrika te gaan vertoon.
Die 12 spelers het Maandag hul nasionale kleure by die Namibiese Sportkommissie ontvang. Mnr. Willie Mertens, finansiële hoof van Debmarine, het ook die spelers toegespreek.
“Ons het in 2017 besluit om in netbal te belê en Netbal Namibië het sedertdien bewys dat hulle dit waardig is. Vandag wil ons opnuut wys waar Debmarine se lojaliteit lê en ons borg dus die Juwele se verblyfkoste, etes, vervoer, toerusting en toelaes.
“Netbal het geweldig in al die land se streke gegroei en ons wens is dat Namibië vir die 2023 Wêreldbeker in Kaapstad kwalifiseer. Laat julle harde werk op die baan inderdaad soos 'n diamante skitter.
“Lewer jul beste, speel hard en regverdig. Maak nie saak wat die uitslag is nie, onthou julle verteenwoordig Namibië met trots en passie. Ons wens julle net die beste toe,” was Mertens se boodskap.
Me. Julene Meyer, hoofafrigter van die Desert Jewels, sê die spelers is gereed om 'n nuwe hoofstuk te skryf. Sy en haar span is tans in week drie van hul oefenkamp, waar hulle by Windhoek Gimnasium etlike ure per dag op die oefenbaan deurgebring het.
“Die spelers het bitter hard gewerk. Ek belowe julle Namibië is gereed om sy regmatige plek onder die toptien-nasies in die wêreld in te neem.
“Ons is bietjie senuweeagtig, maar optimisties oor ons kanse teen die Proteas en Uganda. Ná ons sukses in Singapoer (met 'n toernooisege in 2019), waar ons die wêreld se nommer 9 (Wallis) geklop het, is hierdie die ideale geleentheid om ons stempel teen Suid-Afrika en Uganda af te druk, wat onderskeidelik vyfde en sewende ter wêreld gereken word.
“Aan al die meisies daar buite, moenie ophou netbal speel nie. Julle is mini-juwele in wording. Namibiërs moet in ons glo, belê in netbal en ondersteun die Jewels. Ons is beslis op pad om naam te maak. Baie dankie Debmarine vir jul ondersteuning,” het die afrigter gesê.
Jatjinda (Toetsie) Kambatuku, die ervare nasionale spankaptein, sê dit is 'n eer om Namibië te verteenwoordig.
“Baie dankie vir die geleentheid. Baie dankie Debmarine dat julle dit vir ons moontlik maak. Met jul ondersteuning het netbal geweldige oplewing in Namibië getoon. Dit is 'n groot eer om aan die Spar-uitdaagreeks te kan deelneem.
“Namens die span wil ek sê ons gaan nie net om deel te neem nie, maar kompeterende netbal teen die gasheer en Uganda te speel,” het die kaptein belowe.
Die span: 1 Anna Shipanga, 2 Loide Hanyangya, 3 Mwale Mulenamaswe, 4 Anna Kaspar, 5 Venyekerera Maharero, 6 Selma Bittler, 7 Nanguloshi Kamutushi (onderkaptein), 8 Jatjinda Kambatuku (kaptein), 9 Emmy Kutako, 10 Juzelri Garbers, 11 Monica Gomases, 12 Rachalle Roetz.
Nie-reisende reserwes: Jessica Moolman, Cornelia Mupenda.
Die toetsprogram: 25 Maart: Namibië teen Suid-Afrika. 26 Maart: tn Uganda. 27 Maart: tn Suid-Afrika. 28 Maart: tn Uganda. 29 Maart: tn Uganda. 30 Maart: tn Suid-Afrika.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie