Jy het die reg om te weet wat in jou kos is
Eet jy geneties gemodifiseerde (GM) kos? Jy doen dit heel waarskynlik, selfs al is jy nie daarvan bewus nie. Ek is altyd 'n stappie agter wanneer dit by wetenskaplike kwessies kom, en het nooit oor die implikasies van die kos wat ek elke dag eet, gedink nie. Totdat ek 'n dokumentêre fliek oor die geneties gemodifiseerde organisme(GMO)-debat gesien het, en skielik regop gesit het.
Hier is die stand van sake oor GMO's: Hulle is verwarrend.
Die meeste mense glo dat hulle sleg is, maar kan nie presies sê hoekom nie – en dieselfde mense is oor die algemeen oortuig dat GMO's nodig is om die wêreld te voer.
En nee, om die wêreld te voer het ons nie GMO's nodig nie, hongersnood is 'n politieke probleem en nie 'n voedseltekort-probleem nie.
My keuse is om dit te vermy. Ek dink om GMO's te kweek stuur op 'n wêreldwye ekologiese ramp af. Wanneer plante en peste bestand raak teen insekdoder, gebruik boere meer en meer daarvan, wat lei tot superonkruide en sogenaamde “super bugs” – 'n gevaarlike siklus.
Die onverklaarbare afname in die wêreld se bypopulasie het byvoorbeeld saamgeval met die grootskaalse implementering van GMO-kosproduksie in die VSA. Besoedeling van gewone gewasse met GMO-gewasse is onvermydelik, dit is dus 'n onomkeerbare proses - die "genie" is letterlik uit die bottel.
Maar hier is die probleem: behalwe as jy uiters waaksaam is en net organiese kos eet, is die kanse baie goed dat jy GM-kos op 'n gereelde basis eet, omdat mielies en sy byprodukte in 'n verrassend wye verskeidenheid kos voorkom.
Hoekom riskante kos eet wat in 'n laboratorium geskep is en wat niemand anders in die wêreld wil eet nie?
Deur ons stemme te laat hoor en met ons beursies te stem, kan ons verandering teweegbring en die wêreld laat weet dat ons eties-verantwoordelike produkte op ons rakke wil hê. Elke keer as ons iets koop, onderskryf ons 'n manier van produksie wat 'n impak op ons aarde het en maak ons 'n stelling oor die wêreld waarin ons nou en in die toekoms sal wil woon.
Sonder etikettering is dit egter onmoontlik om te weet wat jy koop. Ek hoop dus dat Namibië die 64 lande (insluitende die 28 nasies in die EU, Japan, Australië, Brasilië, Rusland en China) wat etikettering vereis, sal volg.
Ek dink ons het die reg om te weet of ons GM-kos inkry, net soos ons die reg het om te weet hoeveel vet, suiker of vitamiene 'n produk bevat.
Sondagaand bevind ek myself dus met 'n leë yskas, want ek is 'n meester van slegte beplanning en het die bio-mark gemis. Ek is egter ook 'n meester van impromptu etes, en oor 'n geroosterde kaas-en-Kalahari-truffel-toebroodjie en 'n glasie vonkelwyn bepeins ek toe ekologiese vraagstukke. Die brood en die kaas kom uit Europa, en die truffel uit ons eie Kalahari. Die vonkelwyn is van Stellenbosch – of daar met die druif gepeuter is, weet ek nie.
In Namibië het ons gelukkig toegang tot wonderlike, vars plaasprodukte van boeremarkte en tot vleis en melk van vee wat gras eet, wat ideaal is. Skielik lyk die toekoms heelwat meer belowend!

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie