Jy het 'n plig teenoor die nasie, su00ea staatshoof
Jy het 'n plig teenoor die nasie, su00ea staatshoof

Jy het 'n plig teenoor die nasie, sê staatshoof

Die regering het 'n verpligting om 'n veilige omgewing aan inwoners te verskaf.
Henriette Lamprecht
Henriette Lamprecht – Ons praat van 'n oorlog, mense gaan dood. Jy het ook 'n plig teenoor die algemene welstand van die nasie om lewens te red.

Dit was gister president Hage Geingob se pleidooi aan Namibiërs om hulself teen Covid-19 te laat inent, hoewel dit nie tans verpligtend is nie.

Geingob het gereageer op 'n vraag wat die regering se standpunt is oor onder meer maatskappye wat bepaal net persone wat ingeënt is, kan aansoek doen vir werk of hul werknemers verplig om hulle te laat inent.

“Ons is besig met 'n ernstige, onsigbare virus, dit is nie 'n grap nie,” het Geingob gesê.

Die minister van inligting en kommunikasietegnologie (ICT), dr. Peya Mushelenga, het op sy beurt gesê die Grondwet laat sekere vryhede toe, maar dit is tog onderhewig aan sekere beperkinge.

“Ons is in 'n pandemie. Dit gaan oor die individu wat 'n risiko vir ander inhou, individuele regte teenoor openbare belang. Wanneer individue 'n risiko vir ander inhou, word van die regering verwag om op te tree,” het Mushelenga gesê.

Volgens hom het die regering 'n verpligting om 'n veilige omgewing aan inwoners te verskaf. Hy het beklemtoon inenting is vrywillig, maar die regering kyk na verskeie ander maatreëls om die opname daarvan te verhoog.

“Ons erken individue se regte, maar dit kan getoets word teen die reg. Jou individuele reg stop waar 'n ander persoon se reg begin. Ons kan jou nie dwing nie, maar ons kan ook nie die risiko op ander plaas nie,” het hy gesê.

Teen Sondag was 5,7% van Namibië se bevolking volledig ingeënt. Nege persent het reeds 'n eerste spuit ontvang.

Die staatshoof het die vordering verstrek om 60% van die bevolking in te ent; sowat 1,5 miljoen mense oftewel die regering se oogmerk vir kudde-immuniteit. Van hierdie groep het 15,4% reeds 'n eerste inenting ontvang en 9,4% is volledig geïmmuniseer.



DIE DATA

Syfers per streek, gemeet aan die volledige bevolking (persentasie eerste inentings gevolg deur volledige inentings in hakies) was teen Sondag as volg:

Hardap 16% (8%), Khomas 13% (9%), Omaheke 13% (6%), Erongo 12% (8%), Kavango-Wes 11% (8%), Otjozondjupa 11% (7%), ||Kharas 11% (7%), Kunene 11% (6%), Oshana 7% (5%), Omusati 7% (4%), Oshikoto 6% (4%), Ohangwena 6% (3%), ­Kavango-Oos 6% (3%), Zambezi 4% (3%).

Gemeet aan 60% van die bevolking:

Hardap 26% (14%), Khomas 22% (15%), Erongo 21% (13%), Omaheke 21% (11%), Kavango-Wes 19% (13%), Kunene 19% (9%), Otjozondjupa 18% (12%), ||Kharas 18% (12%), Oshana 11% (8%), Omusati 11% (7%), Oshikoto 10% (6%), Kavango-Oos 10% (5%), Ohangwena 9% (5%), Zambezi 6% (4%).

Die minister van gesondheid en maatskaplike dienste, dr. Kalumbi Shangula, het opnuut beweringe in die sosiale media ontken dat sterfgevalle te wyte is aan dié wat inentings gehad het.

“Daar is geen enkele bewys wat dit ondersteun nie. Inteendeel, statistiek bevestig dié wat gesterf het, was dié wat nie ingeënt is nie,” het hy gesê.

Volgens Shangula word nog 318 720 dosisse AstraZeneca van Duitsland, 100 620 dosisse Pfizer van Amerika en 30 000 Hyatt Vax van die Verenigde Arabiese Emirate verwag.

Gister het 108 000 dosisse van die Johnson & Johnson-entstof in die land aangekom. Altesaam 350 000 dosisse SinoPharm word ook later vanjaar verwag.

Shangula het ook beweringe verwerp dat Namibië entstowwe ontvang het wat verval het.

“Enige persoon wat vals inligting oor Covid-19 versprei, sal met die volle mag van die reg te doen kry,” het hy gewaarsku.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!