Jy hoef nie mooi te wees nie
Enigiemand wat my ken, weet ek is maar net ’n klomp cliché-aanhalings in ’n dop van vel.
Een van my gunstelinge sal altyd Atticus se “Watch carefully the magic that occurs when you give a person enough comfort to just be themselves”.
As tiener het ek in fotografie begin belangstel en dus my oog op mense se uiterlike skoonheid ingestel.
Jy weet, om vas te stel waarop ek sou fokus as hulle voor my lens moes in.
Tot vandag is dit vir my absoluut wonderlik om elke mens se mooi te kan sien.
Des te beter as jy vir hulle kan sê wat mooi is aan hulle. Sorgelose glimlagte en glinsterende oë is vir my die mooiste ding aan enigiemand.
Mense is die mooiste wanneer hulle hulself is, net die egte weergawe van hulself sonder grense of perke of pretensie. Glo my, dit wys.
Een van my grootste probleme met ons wêreld is dat ons mekaar dit nie gun om ons mooiste te wees nie.
Die denkwyse dat die egte weergawe van myself dieselfde moet dink, glo en wees as die egte weergawe van iemand anders, is iets wat my eintlik naar maak.
Of dit nou homofobie of rassisme is, dit maak my naar. Jy hoef niemand uit die diepte van jou hart lief te hê nie. Jy hoef niks vir niemand te betaal nie. Jy moet net oor hul lewenskeuses stilbly.
Dit maak my hartseer dat mense in ander fout soek, terwyl daar ’n mens vol prentjiemooi eienskappe is wat net wag vir jou om hom of haar te ontdek.
Jy mag dalk nie die grootste aanhanger wees van meisies met plomp figure nie, maar as haar wange nie so vol was nie sou haar dimpels nie so mooi uitgestaan het nie.
As jy begin soek vir die mooi in ander, sal jy dieselfde met die spieël begin doen, en dít, my geliefde leser, is die padkaart tot ’n skatkis van geluk.
Ek was nooit die mooi, maer of slim meisie nie. Ek was nog altyd net ek – die mooi meisie se vriendin, die snaakse meisie se maat en die slim meisie se amigo.
Ek praat te veel en eet nog meer en ek lag te hard, maar hemel, dis lekker!
Die lekkerste ding in hierdie lewe is om met mening te leef. Om klere aan te trek waarvan jy werklik hou en om te lag omdat iets werklik snaaks is.
As tienermeisie wat alewig die ander se vriendin was, het ek toegelaat dat my swak selfbeeld soveel van my vreugde steel.
Nooit weer nie. Ek is nie die mooiste nie, en ek hoef nie te wees nie. Ek is nie die slimste nie, en ek hoef nie te wees nie. Ek is nie die snaaksste nie, en ek hoef nie te wees nie.
Ek skuld niemand niks anders as my beste nie. Mooi is ’n nuttelose ding om te wees. Hoekom moet ek lyk soos al die ander mense as ek werklik so uniek is?
Die besef dat mooiwees nie belasting is wat jy moet betaal op jou bestaan nie is ’n bevrydende een. Dit laat elke oomblik voel of jy in die reën dans.
Ek wens ek kon almal leer hoe om die son op hul wange te voel en hoe om onder die druppels te dans, maar dit is ’n skat wat jy ongelukkig (of gelukkig) self moet ontdek.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie