Jy kan die SAL vir R1 kry, spot Tito
Die buurland se minister van finansies sê hy verneem die lugdiens se bates is nie veel werd nie.
Francois Williams – Hy het aan die parlement se finansiële komitees gesê dit is moeilik om die SAL te privatiseer omdat die lugdiens soveel skuld het en nie optimaal funksioneer nie.
“Wat ek aflei van ’n inligtingsessie van die departement van openbare ondernemings is dat sy bates nie soveel werd is nie. Dit is moeilik om ’n strategiese aandelevennoot vir die lugdiens te kry.”
Die SAL het ’n 3%-belang in die private streeklugdiens Airlink, en Airlink is wel winsgewend. “Hulle koop groter vliegtuie en het streekroetes na Gaborone (Botswana), Swaziland, Livingstone (Zambië). Dit is ’n interessante konsep en gee ’n mens iets om aan te dink.
“Ek dink nie dit maak sin om SA Express (die staat se eie streeklugdiens) langs Airlink te hê nie.”
R230 miljard vir Eskom
Mboweni het weggeskram van vrae oor die reuse-hulp van sowat R230 miljard wat Eskom oor ’n tydperk van 10 jaar gaan kry. Maar Ian Stuart, waarnemende adjunk-direkteur-generaal van die tesourie se begrotingskantoor, het gesê baie werk moet nog gedoen word oor Eskom.
Eskom het onmiddellik R150 miljard nodig om sy balansstaat te ondersteun (dus om skuld terug te betaal), en as dit oor tien jaar geamortiseer word, kom dit op R230 miljard neer, het Stuart verduidelik.
Dit hang baie af van hoe die herskikking van Eskom uitwerk. Die syfers kan dus verander namate gevorder word daarmee.
Dié syfer van meer as R230 miljard was glad nie Woensdag in enige van die begrotingsdokumente nie, want die tesourie gee net syfers vir drie jaar vooruit.
Alf Lees, DA-woordvoerder oor finansies, het
gevra waar Eskom se skuld gaan wees as hy in drie entiteite verdeel word. Hy wou weet hoe gaan die Openbare Beleggingskorporasie (OBK) se omruil van Eskom-skuld in ekwiteit werk, wanneer dit gaan gebeur en waarom dit gedoen word want dit het negatiewe waarde.
Dié vraag is egter nie duidelik geantwoord nie.
Die omruil van skuld word nog net bespreek tussen die tesourie, Eskom en die OBK, het Mboweni Woensdag gesê.
Vroeë aftrede
Die EFF het ook meer duidelikheid gevra oor Eskom se ontknoping, en het bekommernis uitgespreek oor die beoogde vroeë aftrede wat aan staatsdienswerkers gebied gaan word. Dit kan die verlies beteken van goeie bestuurders en mense met baie goeie ervaring en institusionele geheue.
Mboweni het toegegee die staat sal katvoet moet wees om nie mense te verloor wat hy nodig het.
Dondo Mogajane, direkteur-generaal van die tesourie, het gesê daar is sowat 180 000 werkers in die nasionale en provinsiale staatsdiens wat vir die vroeë aftrede sal kwalifiseer.
Die begrotingsoorsig voorsien dat sowat 30 000 van hulle dalk die aanbod van vroeë aftrede sal aanvaar. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie