Jy kan dit ook doen
Verena Grasreiner en Isabella Kessler, lede van die Deutsche Höhere Privatschule (DHPS) se Interactor-klub en inisieerders van die insamelingsveldtog "You too CAN do", sê hulle is oorbluf deur die sukses daarvan. Byna 600 kosblikke is deur die DHPS-skoolgemeenskap ingesamel en vir 'n goeie doel geskenk. Dit is in samewerking met die Verenigde Nasies se inligtingsentrum in Windhoek (UNIC) ter herdenking van Nelson Mandela-dag van stapel gestuur met die doel om tot die stryd teen wêreldwye hongersnood by te dra. Foto verskaf
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie