Jy mag - en moet praat
RINA HENDRIKS SKRYF:
Dit is wat ek gedra het toe ek glo "daarvoor gevra het".
Dit is al drie jaar na my verkragting in 2013 ("Gruweldaad in Okahandja", Republikein, 15 November 2013) en vir 'n baie lang tyd het ek skuldig en skaam gevoel daaroor as gevolg van die kortbroek wat ek toevallig daardie dag aangetrek het. In die hospitaal het die polisie my heel eerste gevra: "What were you wearing?" Een van ons buurvroue het sommer gesê dat dit my eie skuld is, want "het jy gesien wat sy aangehad het?"
Verkragting is waarskynlik die enigste vorm van misdaad waar die slagoffer die beskuldigde word. Verkragting is algemeen en onvermybaar en al het ek my konserwatiefste voortrekkeruniform daardie dag aangehad, sou dit steeds gebeur het. As kleredrag regtig die probleem is, waarom word Moslem vrouens ook verkrag?
Luister, voordat daar nou mense gaan wees wat sê dat verkragting die werk van swartmense is (wat dit nou toevallig op daardie dag was), verkragting is nie 'n wit- of swart-ding nie. Dit is 'n ego- en psigopaat-ding. Dieselfde geld in terme van die slagoffer se ras.
Ek het al baie wit meisies teëgekom wat slagoffers van molestering en verkragting is, maar die meeste van die tyd praat Afrikaners nie daaroor nie, want dit is mos 'n "skande" en hulle ouers is "gesiene mense". Maar ons moet hieroor begin praat, mense! Dit is 'n probleem wat nie langer onder die mat ingevee kan en mag word nie.
Verby is die dae wat mens tot heel agter in die winkel moet loop en in die winkeleienaar se vrou se oor fluister "ek kort 'pads'" as dit jou tyd van die maand is, want eerlikwaar: As iets nie jou skuld is nie, behoort dit nie 'n skande te wees nie. Ons moet daardie verandering vir verkragting ook maak.
So ek vra die ouergemeenskap, asseblief, luister en probeer verstaan. As jou kind vir jou van 'n molestering of verkragting of enige seksuele teistering vertel wat hy of sy ervaar het, neem aksie en moet dit nie dadelik afskryf as "aandag soek, want sulke goed gebeur mos nie met witmense nie". Sluk jou trots en neem jou kind hospitaal toe vir die nodige toetse en medikasie en polisiestasie toe om 'n saak te maak.
Ek is nie vir een oomblik spyt dat ek hierdie stappe geneem het direk na my verkragting nie, want sedert dit het een van die ouens 'n volle "life sentence" gekry vir verskeie verkragtings en moorde asook poging tot moord aangesien hy kennis gedra het van die feit dat hy vigs gehad het gedurende die verkragtings. Daar was ook as gevolg van die 2013-gebeure 'n buurtwag gestig in Okahandja wat tot vandag toe nog bestaan.
Dit vat net een gloeilampie om 'n hele kamer lig te gee. Maar ongelukkig word 94% van verkragtings nooit gerapporteer nie.
Daar gaan mense wees wat hierdie "post" gaan lees en sê: "Sy soek aandag". Maar hierdie "post" is nie vir julle nie, hierdie "post" is vir die mans en vroue en seuns en meisies van alle rasse, kulture en gelowe (want sien, verkragting diskrimineer nie) wat verkragting ervaar en nie die emosionele ondersteuning en aanmoediging gehad het wat ek het nie.
Ek sal ewig dankbaar wees vir my ouers (wat ook "gesiene mense" is) dat hulle my gehelp en ondersteun het deur my donker tye. Want sien, verkragting los letsels wat nie deur almal verstaan kan word nie en vir 'n baie lang tyd het ek eintlik gewens dat hulle my eerder vermoor het daardie dag.
As jy 'n slagoffer is, moenie jouself meer as een sien nie. Jy is 'n oorwinnaar! En jy mag en moet praat!
(Die brief het op 21 September 2017 in Erongo verskyn.)

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie