Jy verbeel jou nie: Jy werk jou dood
Jy verbeel jou nie: Jy werk jou dood

Jy verbeel jou nie: Jy werk jou dood

Vida Booysen



As jy dink jy werk jou dood, het jy dalk 'n punt beet.

In 'n nuwe boek oor stres in die hedendaagse werkplek sê Jeffrey Pfeffer, 'n professor aan ­Stanford, dis nie net sleg vir ­produktiwiteit of moraal nie. Dit is ook besig om ons dood te maak.

“Ek kyk na die werkplek en ek sien stres, afleggings, langer werkure, enorme ­werkonsekerheid, voortdurende konflik tussen jou werk en jou gesin – dit het 'n skokkend ­onmenslike plek geword,” sê Pfeffer in sy boek Dying for a Paycheck, wat onlangs verskyn het.

Die statistieke wat hy noem, is skrikwekkend: In Amerika kan tot 120 000 sterftes per jaar en rofweg 5% tot 8% van die koste van die jaarlikse gesondheidsbegroting toegeskryf word aan die wyse waarop maatskappye hul arbeidsmag bestuur.

In een opname het 61% van die werknemers gesê stres in die werkplek het hulle siek gemaak en 7% het aangedui dat hulle in die hospitaal beland het weens werkstres.

In China is bereken dat tot 'n miljoen mense per jaar sterf omdat hulle oorwerk is.

In Japan het die openbare uitsaaier in Oktober verlede jaar bekend gemaak dat een van sy verslaggewers dood is aan hartversaking weens die lang ure wat sy by die werk deurgebring het.

Japan is bekend om sy moordende werkure.

Die Amerikaanse instituut vir stres maak daarop aanspraak dat stres werkgewers tot US$300 miljard per jaar kos en dat daar meer as 2 miljoen ­gewelddadige voorvalle per jaar by die werkplek is.

Pfeffer sê hoewel fisieke veiligheid in die werkplek die hoogste prioriteit geniet, word die impak van stresverwante werkomstandighede nie verreken nie. Al wat gebeur, is dat 'n toksiese werkplek geskep word en almal verloor uiteindelik.

Die werkure wat maat­skappye van hul werknemers vereis, veroorsaak dat huwelike skipbreuk ly, maak van kinders grootmaak 'n yslike las en gooi in die algemeen 'n gesinslewe omver, aldus Pfeffer.

Uitputting is 'n ernstige kwessie wat nie aangepak word bloot deur 'n ander werk te kry nie.  – Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!