K staan vir karaoke
Ek het ‘n absolute passie vir karaoke.
In die eerste plek noem ek graag dat ek myself glad nie as sanger, kunstenaar of musikant beskou nie. So ek doen dit nie om mense te beïndruk nie. Nog minder om eendag my eie album uit te bring. In die tweede plek is een van die belangrikste aspekte van karaoke om juis nié oor veel sangtalent, noothou-vermoë of musikaliteit te beskik nie. Buiten die feit dat ek graag en so gereeld moontlik karaoke sing, het ek lank laas my naam voor ander mense weggegooi. Ek verlang na karaoke.
Die eerste keer in my lewe dat ek met ‘n kaorake te doen gehad het, was op die stilste dorp in Suid-Afrika – De Aar.
In daai stadium het ek as fotograaf gewerk en ek moes ‘n troue vir die burgemeester se seun doen. Ek weet nie hoe hulle op my besluit het nie, maar as ‘n burgemeester van enige soort vir jou vra om sy seun soos iemand in ‘n onderklere-advertensie te laat lyk, dan spring jy so hoog jy kan en begin jou photoshop skills poets.
Die troue was in die gemeenskapsaal en die hele dorp was genooi. Hoewel dit klink soos ‘n groot saamtrek, het De Aar net-net genoeg mense om vyf Intercape-busse vol te maak, wat deesdae ‘n kleinerige troue is. Saterdagoggend is ek vroeg op, sit my kamera se gelaaide batterye terug, laai my driepoot, water en ‘n sonbril.
Wie trou 12:00 die middag? Die burgemeester se seun.
‘n Wyle later is ek by die venue, en die mense wat die kos en drankies voorsien, is besig om die laaste paar goedjies in te dra en die ys in groot staaltrommels te gooi. Daarmee daag die DJ op.
‘n Maer vrou met bonkige heupe en ligpers lipstick, ‘n glitter jean en ‘n toppie wat jou haar ouderdom laat skat, verskyn in die verste hoek van die saal met ‘n klomp dose wat onder die glitter toegeplak is. In haar regterhand is ‘n cowboyhoed en ‘n onder haar een blad knyp sy ‘n paar lêers vas.
Terwyl sy haar hoekie opstel, stap ek nader en maak kennis. Ek kan sien die vrou weet alles van ‘n mikrofoon, klankstelsels en musiek.
“Haai, ek is die fotograaf,” sê ek.
“Mirna. DJ,” sê sy met die cowboyhoed op haar kop.
“Jou goed is nice,” sê ek, “doen jy gereeld troues?”
“Ja,” antwoord sy, “maar ek is meer by ander geleenthede betrokke.”
“Soos watter geleenthede praat tannie van?” en in daai oomblik het ek geweet “tannie” is dalk nie die regte woord nie.
“Noem my net Mirna. Ek is die karaoke queen van die kontrei.”
Ek sê: “Ons is onmiddellik beste vriende. Buiten eet, is karaoke die tweede lekkerste ding vir my op aarde.”
Sy antwoord: “Ek kan dit sien. Kom ons kyk of die spul belang gaan stel.”
Niemand sê nee vir ‘n Tina Turner-nommertjie nie, dink ek, maar besef ook ek sit in die middel van nêrens.
Toe begin Mirna haar stalletjies bou. En kort voor lank is haar besigheid so dat jy feitlik net die on-knoppie moet druk en die makietie moet begin. Ek neem die laaste plastiekrose, vere en polkadot servette af en beweeg oor na die kerk, wat stapafstand is.
“Ek gaan gou die kerkfoto’s neem,” sê ek vir Mirna.
“Sien jou nou-nou.”
By die kerk het die gaste so stuk-stuk opgedaag. Almal natuurlik met selfgemaakte outfits en elke das pas met elke serp, skoen of lip. Dis asof almal volgens ‘n tema aangetrek het – classic Karoo. Maar nietemin.
Die kerkseremonie was net kort van ‘n uur. Daarna is ek en die gardes terug na die onthaal. Intussen het Mirna haar hoekie opgestel. En mensig, dit het my gemove. Dis was opreg en eerlik. Niks wat ‘n mens as voorbladmateriaal sou kon beskou nie, maar in haar wêreld was dit perfek. Op ‘n tafel, wat lyk of varke daarop geskraap is, staan ‘n projektor. Dié projekteer die volgende sin op ‘n semiskoon laken: Kom Ons Karaoke. Ek wil kliphard gil: Ja!
Ek dink by myself, jy is mos in die hemel, Lloyd. Waar in jou lewe het jy gedink jy gaan tydens ‘n werksgeleentheid kan karaoke? In De Aar om presies te wees.
Daai aand toe almal vet aan die troukoek geëet is, die meeste gaste is weg, die ys is gesmelt en Mirna begin stadig maar seker haar hoekie opruim, vra ek haar om vir my ‘n groot guns te doen.
“Vra maar,” antwoord sy.
“Ek wil sing,” sê ek, “net een nommer.”
“Kyk daar in die lêers wat jy wil sing. Gee my die nommer van die liedjie as jy iets gekry het.”
Ek sê: “Ek weet nie of dit in jou boeke is nie, maar ek wil ‘Big in Japan’ doen.”
Toe sing ek vir Mirna in ‘n kopseer in.
“Jy sal hom eendag regkry,” sê sy toe ek klaar is.
Jare later en baie naam weggooi-karaokesessies later, wil ek net vir ‘n oomblik van die wêreld vergeet, ‘n mikrofoon vat en al my emosies op ‘n wit laken uitblaker. Oor ‘n week sit ek in Japan. En as ek reg onthou, het karaoke in Japan begin.
En hoe toepaslik gaan dit wees as ek dan “Big in Japan” sing.
Want oor ‘n week is my eendag.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie