Kaap Agri meer positief oor nuwe jaar
Francois Williams - Die landbougroep Kaap Agri is in sy afgelope boekjaar aan verskeie fronte getref – van die klimaat, 'n wisselvallige rand, beleidsonsekerheid oor grond wat kapitaalinvestering en landbou-uitbreiding inhibeer, tot 'n swakker verbruikersomgewing wat sy kleinhandelsake geraak het.
Kaap Agri, wat landswyd asook in Namibië sake doen, kon egter in die boekjaar tot einde September sy omset in al sy afdelings verhoog. Hy verwag in die nuwe boekjaar beter syfers danksy goeie koringoeste en 'n herstel in landboutoestande in veral die noordelike dele van die land.
Sy brandstofafdeling het in die boekjaar vyf nuwe vulstasies oopgemaak, maar weens stygende brandstofpryse en laer groei in winsmarges was die winsmarge op brandstofverkope laer.
Nog vier van sy Agrimark-winkels is na sy nuwe winkelformaat opgeknap en kleiner opgraderings en uitbreidings is in Agrimark en Pakmark gedoen.
OPTIMISME VIR NUWE BOEKJAAR
Sy herhalende wesensverdienste per aandeel het met net 0,7% tot 354,1c gegroei.
Sy afdeling Wesgraan, wat graan hanteer en stoor, saad verwerk en aartappelmoere bemark, is erg deur die droogte en laer koringvolumes in die Wes-Kaap geraak. Sy inkomste het met 38% geval wat tot 'n inkrimping van 54% in bedryfswins gelei het.
Kaap Agri verwag Wesgraan se prestasie sal in die nuwe boekjaar herstel danksy aansienlik beter koringoeste.
Ook 'n herstel in die vrugte- en groentebedrywe bring optimisme vir die nuwe boekjaar.
Sy afdeling wat besproeiingstoerusting vervaardig is ook deur die Wes-Kaapse droogte geraak, maar dis deels teengewerk deur goeie landboutoestande in die noordelike dele van die land, met bedryfswins wat met 2,8% gegroei het.
Kaap Agri het die boekjaar R245 miljoen se kapitaal bestee.
Ná die jaareinde het hy 'n meerderheidsbelang in Partridge Building Supplies gekoop wat as Underberg Forge in die KwaZulu-Natalse Middelland sake doen. Die verkryging gee Kaap Agri toegang tot 'n nuwe streek, met 'n ekstra inkomstestroom uit die suiwelbedryf.
Nog drie vulstasies is ook ná die jaareinde gekoop.
'n Slotdividend van 84,7c per aandeel is verklaar, wat 2,5% meer is as 'n jaar gelede. Die totale dividend vir die jaar is 4,2% meer op 116,7c per aandeel.
Kaap Agri se aandeelprys was Donderdag 4,4% beter op R35. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie