Kaapse draai wag op NASP-skutters
Boogskiet
St. George-kollege het afgelope Saterdag by sy sportveld 'n kompetisie van die nasionale program vir boogskiet in skole (NASP) aangebied waaraan 88 skutters van 13 skole en klubs van oor die land deelgeneem het.
Met die naderende NASP Afrika-kampioenskap wat van 1 tot 3 Mei by die Mystico-ruiterkunssentrum in Kaapstad gehou word, het skoliere van graad 4 tot 12 hul beste gelewer. 'n Namibiese NASP-span en 'n ontwikkelingsgroep wat beide uit 16 lede bestaan, sal by dié kompetisie in aksie wees.
By die prysuitdeling het die senior meisies die senior seuns met 863 punte teenoor 860 in die kolskootafdeling geklop, wat uit 'n moontlike 900 getel het. Die manne het egter in die diere-ronde met 289 teenoor die meisies se 282 uit 300 geseëvier.
Die voorste skutters het 70 voltreffers van tien punte geskiet wat nogal merkwaardig omdat die kol net 10 sentimeter in deursnee is. Die boë beskik oor geen visier of korrel om die kinders te help nie.
Omrede St. George vanjaar sy 100ste bestaansjaar vier, is deelnemers wat voltalle agtermekaar behaal het met 'n spesiale trofee verras. Lonise Human en Elsjen Wilders wass die twee meisies wat almal uitgestof het.
Me. Karola Marais, voorsitter van NASP Namibië, het die bedankings gedoen.
“Baie dankie aan St. George se snoepwinkel wat vir die verversings gesorg het. Die span van Afro Pumps verrig wondere met voorbereidings asook met die opruiming ná die kompetisies en verdien 'n medalje vir hul werk.
“Baie dankie aan al die deelnemers en hul ouers wat uit hul pad gaan om byeenkomste by te woon en ten spyte van die hitte steeds soos ware sportmanne en -vroue op te tree. Ons het ook waardering vir Butt Archery Supplies wat vir die pyle en boë se puik toestand sorg.
“Laaste maar nie die minste nie, die personeel wat elke telling sorgvuldig aanteken en sorg dat deelnemers binne 30 minute weet wat hul tellings is,” het Marais gesê.
St. George wens almal voorspoed toe met die volgende kompetisie wat op 30 Maart by die Hage Geingob-stadion in Olympia gehou word.
Die voorste uitslae:
Kolskoot-afdeling (uit 900 punte). Junior seuns: 1 Burton Weakley (Privaatskool Moria), 2 Kyril Nghishwekwa (St. Paul's College), 3 Nicholis Roux (Berg-Op Akademie). Junior meisies: 1 Mari Louw (Gobabis Gimnasium), 2 Jasmine Rennie (St. Paul), 3 Lianie van Zyl (Danie Joubert).
Senior seuns: 1 Willem Lottering (Gobabis Gim), 2 Gerhard Koen (Keetmanshoop Privaatskool, KPS), 3 Wian Lottering (Gobabis Gim). Senior meisies: 1 Leonise Human (Gobabis Gim), 2 Elsejen Wilders (Windhoek Gim), 3 Logan Tawse (St. George).
Diere-ronde (uit 300). Junior seuns: 1 Burton Weakley (Moria), 2 Kyril Nghishwekwa (St. Paul), 3 Douw van der Walt (Laerskool Walvisbaai). Meisies: 1 Mari Louw (Gobabis Gim), 2 Lianie van Zyl (Danie Joubert), 3 Jasmine Rennie (St. Paul).
Senior seuns: 1 Willem Lottering, 2 Wian Lottering (beide Gobabis Gim.), 3 Gerhard Koen (KPS). Senior meisies: 1 Elsjen Wilders (Windhoek Gim), 2 Leonise Human (Gobabis Gim), 3 Sunel Weakley (Moria).
Algeheel (uit 1 200). Junior seuns: 1 Burton Weakley (Moria), 2 Kyril Nghishwekwa (St. Paul), 3 Douw van der Walt (Laerskool Walvisbaai). Junior meisies: 1 Mari Louw (Gobabis Gim), 2 Jasmine Rennie (St. Paul), 3 Lianie van Zyl (Danie Joubert).
Senior seuns: 1 Willem Lottering, 2 Wian Lottering (beide Gobabis Gim), 3 Gerhard Koen (KPS). Senior meisies: 1 Leonise Human (Gobabis Gim), 2 Elsjen Wilders (Windhoek Gim), 3 Anrika van Zyl (Danie Joubert).

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie