Kaapse Stings is hul 'Bytjie' vir eers kwyt
Kaapse Stings is hul 'Bytjie' vir eers kwyt

Kaapse Stings is hul 'Bytjie' vir eers kwyt

Annchen Nel
Anchen Nel - Die Wes-Kaapse Stings is twee groot angels kwyt.

Dié netbalspan se kaptein van 2018, Juline van der Merwe, is swanger. As inspirerende kaptein en ervare verdediger het sy toe aan haar vyfde Premierliga-reeks deelgeneem.

Jaumbuaije “Bytjie” Zauana, die Stings se skerp doelskieter en Namibiese student in die Wes-Kaap, is ook nie beskikbaar nie.

Zauana is ingesluit in die Namibiese oefengroep vir die komende Pent-toernooi in Windhoek (7 tot 12 Mei in Windhoek).

Vanjaar se Premier­liga sal in Mei in Pretoria beslis word. Al die spanne het onlangs hul 15 uitverkorenes gekies en is kliphard besig met voorbereiding. Die Proteas wat nie oorsee speel nie, sal as die Smileys die 11de span vorm.

Die Kaap se Protea-verdediger Phumza Maweni speel tans vir die Sunshine Coast Lightning in Australië en die Protea-doel Danelle Lochner sal vir die Smileys uitdraf.

Adri Uys en Lindsey-Ann Sparrow, wat verlede jaar hul debuut vir die Stings gemaak het, is ook nie beskikbaar vir die Kapenaars nie.

Melanie von Gunten en Sasha-Lee Petersen, wat nie in 2018 in aksie was nie, maak hul terugkeer.

Die Stings was verlede jaar die naaswenners, met Jaguars van Noord-Gauteng die kampioenspan.

“Ja, ons het 'n paar nuwe spelers bygekry en dit maak dinge interessant,” sê Annelie Lucas, die Stings-afrigter.

“Ons het nuwe skietgoed, maar sal eers ons wedstrydplanne opstel as ons die teenstand onder oë gehad het.

“Ons het jong verdedigers, maar darem ervare spelers elders op die baan.”

Lucas is vir die vierde seisoen aan die stuur van die span.

Stings-groep: Melanie von Gunten, Yeukai Chamba, Hélene Steyn, Nichole Taljaard, Abeline Olivier, Shannen Bartlett, Jo Prins, Stephanie Brandt, Zaandre Barret-Theron, Mandoline ­Hermanus, Courtleigh Behr, Claudia Jarrard, Caleigh Stuart, Sian Moore en Sasha-Lee Petersen.

 – Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!