Kaapse sukses ’n nuwe motivering
Uit die ses spanlede het twee in podium-posisies klaargemaak.
’n Groep Namibiese kwadfietsryers het laas naweek goed gevaar nadat hulle op uitnodiging aan die Zone 7 Cape Town motocross-klub se streekbyeenkoms deelgeneem het.
Die ses Namibiërs (drie mans en drie vroue) was JL Opperman, Jens Weyand, Franco Junius, Jolly Fourie, Shannon Rowland en Maike Bochert.
Met die Namibiese en Suid-Afrikaanse deelnemers saamgevoeg, was daar altesame 21 ryers op vierwielfietse by die wegspringstreep, wat vir ’n gesonde kompetisie gesorg het.
Daar is in twee klasse meegeding, naamlik vir beginners of gevorderde ryers.
Franco Junius (tweede), JL Opperman (vierde) en Jens Weyand het in die gevorderde klas behoorlik hul slag gewys. Weyand was die ongelukkige een wat ’n lelike val op sy heel eerste baanrondte gehad het en vanweë skade aan sy kwadfiets nie kon klaarmaak nie.
Die drie vroueryers was in die Ninja-klas vir beginners (altesame elf ryers) waar Maike Bochert algeheel derde, Jolly Fourie vierde en Shannon Rowland agtste klaargemaak het.
Bochert en Fourie het goed saamgewerk om spoedig die gapings tussen hulle en die Suid-Afrikaanse mans in die Ninja-klas toe te maak en voor ’n paar mansryers klaar te maak. Fourie was net drie sekondes agter Bochert.
• Die byeenkoms was vir die Namibiërs ’n puik terugkeer na hoëvlak aksie en hulle hoop dit sal vir die res van die jaar so voortduur.
Die Kaapse baan van drie kilometer, met 21 spronge, het veral ’n opwindende nuwe uitdaging vir die besoekende jaers gebied. Dit verskil heelwat van die Gallina-baan noord van Windhoek wat een kilometer lank is en nege spronge het.
Op 8 Julie word die volgende motocross resies by Gallina aangebied en daar word gehoop om die deelname van tot soveel as agt Suid-Afrikaanse ryers te lok.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie