Kaapstad-sewes: So lyk die syfers
Rugby
Die Kaapstad-sewestoernooi die afgelope naweek het nogmaals gewys waarom dit deesdae as een van die hoogtepunte op die Suid-Afrikaanse sportkalender beskou kan word. Aan spanning, aanskoulike rugby en 'n goeie atmosfeer was daar gewis nie 'n gebrek nie. Hier is 'n paar syfers wat die Kaapstad-aksie goed opsom.
0 – Fidji het nie 'n enkele wedstryd gedurende sy triomfantelike Kaapse veldtog verloor nie. 6,6 – Soveel drieë is gemiddeld per wedstryd in vanjaar se toernooi aangeteken.
7 – Jerry Tuwai van Fidji het daarin geslaag om die bal die meeste in kontak uit te gee. Dis ook hoeveel drieë Franco Sábato van Argentinië gedruk het – die meeste in die toernooi.
8 – Fidji was voor die naweek soveel jaar laas in die eindstryd van die Wêreldreeks-toernooi in Suid-Afrika en sy laaste toernooititel hier was selfs langer terug, in 2005.
14 – Die getal spanne wat dit in Kaapstad om die titel uitgespook het.
27 – Dís hoeveel geelkaarte uitgedeel is, die meeste vir hoogvatte, wat streng deur skeidsregters dopgehou is. Dis ook hoeveel keer Kanada se Connor Braid met die bal op loop gegaan het, die meeste in die toernooi.
45 – Francisco Hernández van Spanje het die meeste punte in die toernooi opgestapel. Suid-Afika se Justin Geduld was vierde met 37 punte.
127 – Dis hoe min sekondes tussen elke drie in Kaapstad verloop het.
201 – Fidji het in sy ses wedstryde in die Kaap soveel punte opgestapel (gemiddeld 33,5 per wedstryd).
287 – Soveel drieë is vanjaar in die Moederstad opgestapel. Verlede jaar was die drieëtotaal 271.
107 905 – Die totale bywoningsyfer die naweek. Daar was Saterdag 51 449 toeskouers in die Kaapstad-stadion en Sondag was daar 56 456. Die totaal was ietwat minder as verlede jaar se rekordbywoning van 115 396 toeskouers.– Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie