Kaapstad wil Moslem-toeriste lok
Die Moslemkultuur is deel van die Moederstad se DNS en het ’n ryk geskiedenis met Kaapse Maleier Moslems wat meer as ’n derde van die stad se bevolking uitmaak.
Maygene de Wee - Kaapstad is Moslem- en halaal-vriendelik.
So sê James Vos, burgemeesterskomiteelid vir ekonomiese ontwikkeling en batebestuur.
Vos was onlangs saam met Dan Plato, Kaapstad se burgemeester, op besoek aan Dubai met wie hulle ’n ooreenkoms gesluit het om Kaapstad se sake- en reisvoordele te bemark.
Hy sê in ’n verklaring wat Maandag uitgereik is, hulle het ook met belanghebbendes soos die Emirates-lugdiens en verskeie toerismeorganisasies vergader.
“Ons het die geleentheid gebruik om te praat oor die moontlikheid om die getal vlugte tussen Kaapstad en Dubai te vermeerder.”
Hulle het ook Kaapstad se Moslem Vriendelik-strategie met toeroperateurs bespreek ten einde Kaapstad as ’n voorkeur-toeristebestemming te bemark.
Vos sê die Moslemkultuur is deel van Kaapstad se DNS en die stad het ’n ryk geskiedenis met Kaapse Maleier Moslems wat meer as ’n derde van die stad se bevolking uitmaak.
Vos sê hulle werk ook saam met Kaapstad Toerisme om strategieë te ontwikkel om die Moslem-toeristemark te laat groei.
Hy sê hulle werk saam met die Crescent Rating-organisasie, ’n leier op die gebied van “halaal-reis”, en hoop om met sy hulp meer Moslem-reisigers na Suid-Afrika te lok.
Onlangse marknavorsing het getoon die Moslem-mark word nie goed verstaan nie.
“Ons het ook gesien daar is baie verwarring oor halaal-kosse en die gebruik van die term “halaal-friendly food”.
Om die verwarring uit te skakel, het hulle die Halaal Tourism Basic Guidelines and Glossary saamgestel. Die boek bevat volgens hom al die nodige inligting en basiese riglyne om mense te help om Moslem-gebruike te verstaan.
- Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie