Kaapstad wéér as beste toeristestad aangewys
Die buurland se Moederstad het vanjaar weer gewilde stede soos Tel Aviv, Marrakesj en Kaïro uitgestof.
William Horne – Kaapstad is die 18de jaar agtereenvolgens as Travel & Leisure se beste toeristestad in die streek Afrika en die Midde-Ooste aangewys.
Dié Amerikaanse tydskrif wys jaarliks as deel van sy wêreldwye ranglys vir toeriste ’n reeks vakansiebestemmings in verskeie kategorieë aan.
Van die kategorieë sluit hotelle, eilande en stede in verskillende streke in.
Travel & Leisure stel dié ranglys al 24 jaar op.
Kaapstad het vanjaar weer gewilde stede soos Tel Aviv, Marrakesj en Kaïro uitgestof.
“Ons deelnemers erken hierdie handelsname en plekke oor die hele wêreld heen – van Peru tot Japan, Indië tot Italië, en hier in die VSA – vir die eiesoortige en plekspesifieke ervarings wat dit bied,” sê Jacqui Gifford, hoofredakteur van Travel & Leisure.
“Die toekenning is fantastiese nuus vir die toerismebedryf,” sê Enver Dummy, uitvoerende hoof van Kaapstad Toerisme. “Dit bewys dat die beloftes wat ons in ons bemarking maak, net so goed is soos die werklike ervarings wat ons bied.”
James Vos, Kaapstadse burgemeesterskomiteelid vir ekonomiese geleenthede, batebestuur en toerisme, sê dit herbevestig die stad se poging om sy wêreldklas- toerismebedryf aan almal beskikbaar te stel.
“Toekennings soos dié gee ons ook ’n geleentheid om vas te stel wat ons reg doen en waarop ons kan verbeter.” – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie