Kaaskoeke te kus en te keur
Kaaskoeke te kus en te keur

Kaaskoeke te kus en te keur

Tanja Bause
Tanja Bause – Die Garden Cafe Lüderitz spog met ’n groot verskeidenheid kaaskoek – elkeen wat met ’n resep van ouma gemaak is.

Die eienaars, Lea en Paul Schroeter, was hul lewe lank passievol oor kook en bak.

Paul, ’n opgeleide skrynwerker, het in die verlede ’n skrynwerkbedryf op die dorp besit. Maar nadat hy deur ’n dak geval het wat hy besig was om te herstel, kon hy nie meer met swaar toerusting werk nie.

Die egpaar het in daardie tyderk agtergekom daar is ’n groot behoefte aan koffiewinkels op die dorp en mettertyd het hulle droom van ’n eie een waar geword.

“Ek bak die kaaskoeke en Paul die apfelstrudel en brötchens. Die resepte kom uit ou resepboeke van ons oumas en ma’s. Paul het die resepte hier en daar gemoderniseer en aangepas,” het sy gesê.

“Die eerste kaaskoek wat gebak is, was die Decadent met sjokolade. Dié resep is aangepas en vandag is daar ook ’n haselneut-, aarbei- (met vars aarbeie uit ons tuin), appel- en grenadella-kaaskoek.”

Daar is ’n klein tuintjie wat die kombuis van groente, slaai en kruie voorsien.

“Ons maak alles vars,” het sy gesê.

Een keer ’n week word daar ’n elektronika-vrye aand vir die jeug by die kafee gehou. “Wanneer hulle by die voordeur inkom, moet hulle hul selfone net daar los terwyl daar bordspeletjies gespeel en gesels word. Geen elektroniese toerusting is toegelaat nie. Verbasend genoeg is dié aande baie gewild onder die jeug.”

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!