Kaasmuffins
Wat is lekkerder as ’n warm kaasmuffin met baie botter en ’n sterk koppie koffie? My ideale ontbyt. 6 groot muffins
Bestanddele
• 240 g (430 ml) bruismeel
• 3 ml sout
• 10 ml bakpoeier
• 1 eier
• 225 ml melk
• 50 ml gesmelte botter
• 250 g sterk cheddarkaas, gerasper
So maak jy
Verhit oond tot 220 °C. Plaas meel, sout en bakpoeier in ’n mengbak. Klits eier en melk saam. Smelt botter in ’n mikrogolfoond en meet die presiese hoeveelheid af. Voeg die eier-en-melkmengsel saam met gesmelte botter by die meel. Moenie te veel meng nie. Voeg gerasperde kaas by en meng deur. Skep in ’n gesmeerde muffinpannetjie en bak vir 15 – 20 minute op die middelrak van jou oond. Sit voor met botter en jou gunsteling-konfyt – of eet dit net so, as jy wil. - Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie