Kabajani groet staatsdiens
Die bekwame opvoeder het nie geskroom om die kwessie van gelykheid in onderwys te pak nie.
Mnr. Charles Kabajani, adjunk- uitvoerende direkteur vir formele onderrig in die ministerie van onderwys, kuns en kultuur, het gister amptelik uit die staatsdiens getree.
Kabajani, ‘n bekwame opvoeder en opvoedkundige leier, het die staat vir 33 jaar in verskillende hoedanighede gedien.
Hy het sy loopbaan in onderwys in Februarie 1982 as ongekwalifiseerde onderwyser begin en in 1986 ‘n BA-graad in onderwys aan die Universiteit van Suid-Afrika (Unisa) verwerf.
Kabajani het onder meer die ampte van onderwyser, departementshoof, skoolhoof, senior inspekteur en departementshoof beklee.
Hy was van September 2013 af tot met sy aftrede die ministerie se adjunk- uitvoerende direkteur.
Me. Sanet Steenkamp, uitvoerende direkteur van die ministerie, het Kabajani in haar afskeidsboodskap uitgesonder vir die rol wat hy in die vestiging van die Rukonga Vision School in Kavango-Oos gespeel het.
Die skool is gemik op voorheen benadeelde leerlinge en bied graad 8 tot 12 aan.
Volgens die skoolhoof, mnr. Moses Gorengecho, het Kabajani met die skool se totstandkoming die kwessie van gelykheid in onderwys gepak en verseker voorheen gemarginaliseerde en weerlose leerlinge word bevoordeel.
Kabajani het leerlinge se lewens geraak, onder andere mnr. Josua Shilongo s’n.
Volgens Shilongo het Kabajani hom gehelp om in 1996 in die veld van sy keuse geplaas te word. Sedertdien het Shilongo sy opleiding voltooi en is hy vandag Hoërskool Oshakati se hoof.
Volgens Kabajani het hy sy lewe aan die verbetering van onderrig en die welstand van kinders, leerlinge en studente gewy deur in hul behoeftes te voorsien deur middel van leiding, onderrig, opvoeding en berading sodat hulle verantwoordelike gemeenskapslede kan word.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie