Kabeljou-'boewe' uit op borgtog
Volgens wet mag vissermanne slegs twee groot kabeljoue vang.
Leandra Louw – Twee mans wat die naweek glo met ‘n buitensporige meer as 60 groot kabeljoue in hul besit betrap is, het gister hul eerste verskyning in die landdroshof op Walvisbaai gemaak.
Mnre. Michael Bouwer en Melvin van Wyk word van die oortreding van die wet op mariene hulpbronne aangekla. Beide het borgtog van N$5 000 elk gekry en die saak is vir verdere ondersoek tot 15 Mei uitgestel.
Bouwer en Van Wyk het voor landdros Rhivermo Williams verskyn.
Me. Lana Fouche van Vuuren het Bouwer verteenwoordig, terwyl me. Maggy Shiyangaya vir die staat verskyn het.
Die vis van die een skiboot waarop beslag gelê is, is aan Swakopmund se gevangenis en ‘n sopkombuis in die DRC-woonbuurt geskenk.
Vissery-inspekteurs van die waarnemingsafdeling het Bouwer en Van Wyk Saterdag in hegtenis geneem en beslag op hul skibote gelê.
Albei is opdrag gegee om hul bote na die Walvisbaai-hawe te neem.
Bouwer is aangekla omdat hy na bewering in die besit van ‘n groot getal kabeljoue was, wat die daaglikse perk oorskry, en omdat hy glo valse inligting aan ‘n inspekteur verskaf het.
Volgens wet mag vissers slegs twee groot kabeljoue vang.
‘n Inspekteur het gesê die vis is in ‘n versteekte kompartement op die boot gevind.
Van Wyk, eienaar van die tweede skiboot, het die instruksies om sy boot na Walvisbaai se hawe te neem, glo geïgnoreer.
Hy is gevolglik na Hentiesbaai gevolg, waar sy vrou aan polisiebeamptes gesê het hy was uitstedig op ’n sakereis.
Die skiboot is van sy huis na die polisiekantoor geneem, waar hy homself gister aan die polisie oorhandig het.
‘n Beampte van die Visserye Waarnemersagentskap (FOA) het gesê die wet maak voorsiening vir die beslaglegging op bote wat vir onwettige vangste gebruik word.
Die agentskap is ook van voorneme om te versoek dat die staat dit bekragtig.
Hy het voorts vir ‘n verhoging gevra in boetes wat uitgereik word aan mense wat met te veel vis in hul besit betrap word.
“Dit is ‘n feit dat hierdie mense hul bote vir kommersiële oeste sonder geldige lisensies gebruik en die vangste onwettig verkoop. Die hele operasie is onwettig en hulle kry boetes van ‘n skrale N$100 per vis wat hulle gevang het. Hulle is sakemanne wat die boetes maklik betaal en wegstap om net weer met hul aktiwiteite voort te gaan.
“Hulle ken ons swakplekke en weet ons het nie ‘n boot om hul aktiwiteite te reguleer en monitor nie,” het hy gesê.
Daar is ook glo waargeneem hoe verskeie vissermanne groot getalle kabeljoue Saterdag by Vierkantklip in hul sakke stop en wegry.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie