Kabeljou met rissiekonfyt
Kabeljou met rissiekonfyt

Kabeljou met rissiekonfyt

Lloyd Zandberg
Indien jy nie rissiekonfyt vir die kabeljou het nie, gebruik soetrissiesous of tamatiekonfyt en sit ’n bietjie gekapte brandrissie na smaak by.

Jy benodig:

1 kabeljou, snoek of ander braaivis

4 eetlepels rissiekonfyt

8 eetlepels sagte botter

4 eetlepels suurlemoensap

1 eetlepel roosmaryn, fyngekap

’n ekstra takkie roosmaryn

Só maak jy:

1. Spoel die skoongemaakte vis af en druk dit droog met kombuispapier.

2. Meng die konfyt, botter, suurlemoensap en roosmaryn saam, smeer 3 eetlepels daarvan binne-in die vis en druk ook die roosmaryntakkie in die buikholte. Verf die buitekant van die vis ook met sowat 3 eetlepels van die mengsel.

3. Braai die vis vir 6 minute oor matige kole met die velkant na onder totdat die vel bros raak. Draai dit dan om en braai ook die ander kant bros. Toets of die vis gaar is (die vleis is reg sodra dit vlok).

4. Skep die res van die mengsel op die warm vis en sit dit dadelik voor.

Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-15

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 31° Rundu: 20° | 34° Eenhana: 21° | 34° Oshakati: 23° | 33° Ruacana: 20° | 30° Tsumeb: 21° | 33° Otjiwarongo: 20° | 31° Omaruru: 25° | 34° Windhoek: 20° | 31° Gobabis: 21° | 33° Henties Bay: 16° | 24° Swakopmund: 16° | 17° Walvis Bay: 16° | 23° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 22° | 38° Aranos: 23° | 36° Lüderitz: 16° | 28° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 20° | 34° Lubumbashi: 18° | 33° Mbabane: 16° | 31° Maseru: 14° | 30° Antananarivo: 13° | 32° Lilongwe: 19° | 32° Maputo: 19° | 33° Windhoek: 20° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 27° Johannesburg: 16° | 29° Dar es Salaam: 25° | 31° Lusaka: 19° | 29° Harare: 16° | 26° #REF! #REF!